Kat oorleef val van sesde verdieping

(Foto’s: Apiwat Toyothaka/Facebook)

ʼn Kat in Bangkok, Thailand, het een van sy spreekwoordelike nege lewens gebruik toe hy van die balkon van ʼn woonstel op die sesde verdieping geval en deur ʼn motor se agterruit gebars het, berig Metro.

Die eienaar van die motor, Apiwat Toyothaka, het ʼn foto van Shifu en die motor met die gebreekte ruit op Facebook gedeel.

“Die bestuurder van die gebou het my om 07:00 gebel om te sê ʼn kat het op my motor geval. Ek was baie verward. Dit is net ʼn kat wat op my motor geval het?! Maar die kat het 8,5 kg geweeg en die ruit gebreek. Oukei, nou verstaan ek.”

Die kat het glo op die muurtjie van ʼn balkon geloop toe hy gegly en geval het.

Die kat is na die veearts geneem vir ʼn ondersoek. Shifu het net ʼn paar kneusplekke opgedoen, twee van sy kloue is gebreek en sy snoet het opgeswel, maar daar was geen lewensgevaarlike beserings nie.

Toyothaka het gesê hy was nie kwaad nie, omdat dit bloot ʼn ongeluk was.

Die kat se eienaar is egter 1 000 Thaise baht (sowat R560) beboet omdat die woonstelgebou ʼn streng beleid het teen troeteldiere.

Monruthai Klinsuk, mede-eienaar van die motor, het aan plaaslike media gesê die kat bly nou by iemand anders. “Moet asseblief nie enigiets negatief oor haar [die kat se eienaar] sê nie. Dit is moeilik om na katte om te sien en alles was net ʼn ongeluk. Die kat se eienaar het haar les geleer en probeer om die kat te help om gewig te verloor.”

7 โมงเช้า นิติ โทรมาแจ้งบอกมีแมวตกใส่รถ ไอเราก็ งงๆ ตกใส่รถแล้วทำไม เค้าบอกแมว 8.5 โล ตกจากชั้น 6 ใส่กระจกหลังแตก ????????#อดกินทูแน่มิงไอเสืออ้วน#ยังคงวนอยู่กับเรื่องแมวๆ ????????

Posted by Apiwat Toyothaka on Friday, May 26, 2023

อัพเดทอาการน้องซิฟู หรืออาจารย์ซิฟู ในกังฟูแพนด้านั้นเองน้องปกติทุกอย่าง กินข้าวได้ อึขับถ่ายปกติ ไม่มีอาการบวมหรือช้ำในใดๆ มีเพียงแค่ เล็บหลุด 2 นิ้ว และเป็นห้อเลือดเท่านั้นครับ ????

Posted by Apiwat Toyothaka on Sunday, May 28, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.