Kersfees-dol ma bedek hele huis met geskenkpapier

Carly Lockie en haar gesin (Foto; WQSB/Facebook)

Dit het Carly Lockie en haar gesin vier weke geneem om hul huis – elke muur, deur en kas – met feestelike geskenkpapier te bedek.

Sy het twee jaar gelede met dié ongewone tradisie begin toe sy nie meer in die roomkleurige mure van hul drieslaapkamerhuis in Bristol, Engeland, wou vaskyk nie.

Die 36-jarige het haar kêrel, Mike Phillips, en haar kinders, Mayah (15), Harmonie (10), Junior (5) en stiefdogter Kayleigh (18) ingespan om haar te help om geskenkpapier oral in die huis te hang – insluitend oor al die deure en selfs die kombuiskaste.

“Ons doen die hele huis en dit vat nogal lank. Ons begin die eerste week van November en maak die eerste week van Desember klaar. Dis soos Sinterklaas se spelonk,” het Carly aan The Mirror gesê. “Ek is dol oor Kersfees en Mike ook. Ons is op dieselfde golflengte.”

Hulle gebruik 20 rolletjies geskenkpapier wat slegs 50p elk kos (sowat R10 elk) wat beteken dat hulle die huis vir £10 (net meer as R200) omskep.

Carly Lockie in haar Kersfees-huis (Foto; WQSB/Facebook)

“Ons het twee rolletjies per muur gebruik vir die woonkamer, maar die slaapkamers is bietjie kleiner. Ek soek gewoonlik die goedkoopste geskenkpapier.”

Teen 2 of 3 Januarie word die geskenkpapier van die mure gestroop en Carly sê dan voel dit of hulle weer die huis oorgedoen het. Sy maak dan Kerskaartjies van die gebruikte papier. Hulle het verlede jaar se papier gebruik om Kerskaartjies vir bejaardes in hul omgewing te maak. Dit wat weer gebruik kan word, word netjies opgerol en vir die volgende Kersfees gebêre. “Ons gooi niks weg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peter Pan

Nee regtig..

ONTPS

Lyk vir my of daar meer as twee rolletjies per muur gebruik word

Veronica

Ek LOVE ook kersfees maar sjhoe die is TE ;-) maar elke hoender in sy eie hoenderhok ne ….be and let be

madels

Ag as hulle gelukkig is met die baie kers papier oral dan is die saak reg. Dit bring groot pret vir die gesin en hulle seën ook ander… Baie oulik! Nie my smaak nie maar as dit hulle gelukkig maak, hoekom nie?

AmY

Ek is mal daaroor. Maar ek sal dit nou nie self doen nie. Geskenkpapier is ook baie duur.