‘Kersvader’ stel wêreldrekord op vir sleep van swaarste ‘slee’

Foto: Guinness World Records

Kevin Fast geniet twee dinge baie: om soos Kersvader aan te trek en om wêreldrekords op te stel.

Fast het einde verlede maand sy 32ste Guinness-wêreldrekord opgestel vir die sleep van die swaarste slee. Die vragmotor met ʼn slee, plastiek takbokke en Kersgeskenke agterop het 16 500 kg geweeg.

Dié pastoor van Kanada se vrou en twee seuns het hom in sy rekordpoging ondersteun en was soos Kersvader se vrou en elwe aangetrek.

Foto: Guinness World Records

Fast is reeds die afgelope 22 jaar besig om nuwe wêreldrekords op te stel. Hy is onder meer die wêreldrekordhouer vir die sleep van die swaarste vliegtuig (188,83 ton), die meeste mense op sy skouers (11) en sleep van die swaarste huis (35,9 ton).

Sy oefenroetine behels onder meer gewigte optel en rotse en stompe gooi.

Op die vraag oor waarom hy besluit het om hierdie uitdaging aan te pak, antwoord Fast: “Ek wil iets lekker doen en miskien kan ander mense geniet waarmee ek besig is.”

Foto: Guinness World Records

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.