Kinderoppasser deel ‘belaglike lys van take’

Argieffoto (Foto: Esi Grünhagen/Pixabay)

Hollis Jane Andrews het in ʼn pos as kinderoppasser belanggestel, maar die ouers se lys van take het haar gou afgeskrik.

Sy het die “belaglike lys van vereistes” op sosiale media gedeel wat haar ontmoedig het om met die onderhoud voort te gaan.

Andrews, wat nou as ʼn aktrise werk, het gesê sy het in 2013 die pos oorweeg en die twee bladsye van vereistes, waaraan die kinderoppasser sou moes voldoen, op Twitter gedeel.

Die intense program vereis dat die twee seuns nooit ongelukkig of verveeld moet wees nie en dat sy in die middae in ʼn “skoonmaakmasjien” moet verander terwyl hulle slaap en ʼn lys van 14 take moet afhandel voor die kinders wakker word.

“Ek het in 2013 ʼn onderhoud gehad met ʼn Sciëntologie-gesin (ek het dit nie geweet nie) om hul kinderoppasser te wees. Hulle het hierdie absolute BELAGLIKE lys van pligte gegee en nou deel ek dit graag met julle,” het sy gesê.

Die vereistes vir die “tower-kinderoppasser/huishoudster”-pos bepaal dat die suksesvolle kandidaat moet seker maak die seuns eet goed en slaap goed en dat die huis ordelik gehou sal word “om die ouers se geestesgesondheid te beskerm”.

Die dokument begin soos wat mens sou verwag – dat die kinders met “liefde, sorg en begrip” hanteer sal word, voordat dit verder gaan om te sê dat die ouers nie enige “gehuil of bakleiery” wil hoor terwyl hulle werk nie. Die seuns moet stil gehou word wanneer hulle ʼn besering opdoen en na buite gevat moet word as hulle raas.

Die daaglikse skedule sluit in dat die oppasser saam met die kinders moet gaan hardloop, met die opdrag: “moenie dat hulle ooit ophou hardloop nie”. Die kinders moet “klippe gooi” en perde gaan voer in ʼn nabygeleë veld.

As hulle die dag nie hardloop nie, moet hulle na ʼn park toe gaan. “Speel MET hulle – maak seker dat jy jou soos ʼn kind tussen hulle gedra – moet nooit ernstig wees nie. Laat hulle die heeltyd speel. As hulle nie lag nie, is hulle nie gelukkig nie. As hulle huil of skree is hulle nie gelukkig nie en jy moet seker maak hulle is weer gelukkig.”

Daarna moet die kinders gaan swem (die oppasser moet te alle tye saam met die kinders in die swembad wees) voor middagete en die middagslapie. In daardie stadium verander die oppasser in ʼn huishoudster met take wat deur die huis afgehandel moet word. Die finale vereiste is dat indien alle take afgehandel is, die persoon moet rondloop en kyk wat nog gedoen moet word. “As jy dit alles kan doen, sal ons ʼn gelukkige huishouding hê.”

En dan ʼn waarskuwing: “Geen persoonlike telefoongebruik ooit tydens werksure nie. Jy moet ʼn goeie passing wees vir die seuns!”

Andrews het in antwoord op ʼn vraag gesê die betaling was net meer as $13 per uur. “In geval ek nie duidelik was nie: ek het NIE die pos aanvaar nie, die oomblik toe ek die woord ‘dianetics’ gesien het – ʼn begrip wat met Sciëntologie verband hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

modiglianigirl ·

Klink soos ‘n ‘mak’ weergawe van my daaglikse taak lysie.
????

Daleen ·

So mamma en pappa soek “gelukkige” kinders sonder om betrokke te wees. Belaglik jou liefde en aandag as ouers is al wat kinders nodig het. Geen oppasser kan ‘n plaasvervanger vir ouer liefde wees nie.

VaalDonkie ·

Sy moet sien wat die wit tannies van hul huishulpe verwag

Misky ·

Leer hulle klip gooi????

Ek sal daai ouers uitdaag om self daai roetine te volg vir net 3 dae en hulle sal nie kan nie – gewaarborg!!!

Racheltjie Debeer ·

Die oppasser mag nie dat hul flieks of TV kyk nie, maar ek is oortuig dis wat die ouers gaan doen.
Sulke mense behoort gladnie kinders te hê nie.

Sandra ·

Ensure that basic body rudiments are kept in…dit laat my dink aan die rolprent A quiet place, waar demone op die mense gaan wees indien daar enige geluid uit hulle uit kom. Ek sal nogals daarvan hou om te weet of die mense ooit die “magical nanny” gekry het. Miskien het Mary Poppins aansoek gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.