Klant bestel ‘obsene burger’ met 50 ekstra snytjies kaas

Die foto van die burger wat op Reddit gedeel is

ʼn Plasing op Reddit het opslae gemaak toe ʼn foto van ʼn Nando’s-hoenderburger met 50 ekstra snytjies kaas, soos versoek deur die klant, gedeel is.

Die kitskosrestaurant laat klante toe om hul etes te verpersoonlik wanneer ʼn bestelling deur die app geplaas word vir tuisaflewering. Een van die werkers het die enorme kwitansie vir dié bisarre versoek gedeel. Dit wys ʼn hoenderburger met die 50 snytjies kaas (wat elk 60p [sowat R12.60] tot die rekening byvoeg), insluitend knoffel peri-perisous en 10 hoendervlerkies, berig die Daily Star.

Nie almal was beïndruk met dié bestelling nie. “Dit is obseen!” het een persoon geskryf.

Ander het gewonder of dit doelbewus of dalk ʼn fout was. “Lol, dit moet sekerlik ʼn fout wees.” Nog ʼn persoon het reageer: “Dis wat ek ook dink. Miskien het die verandering nie gewys nie, en hulle het net aanhou klik. Ek sou graag wou sien wat die persoon se reaksie was toe dit afgelewer is!” ʼn Ander het egter bygevoeg: “Hulle sou 50 keer op die knoppie moes druk om dit waar te maak – en nie opgelet het die burger kos meer as £30 (ongeveer R644) nie. Ek wonder of dit nie dalk iemand was wat dit gedoen het vir ʼn foto vir hul Instagram nie.”

Die kwitansie wat op Reddit gedeel is

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stof

Vreetsame broer, hierdie.

Rooikoos

Dis vraatsug

AH

Miskien ‘n muis……………………

Alta Alleman

Te lui om inkopies te gaan doen vir kaas.

Natasha

Gee nuwe betekenis aan ‘n kaasburger