Klante bly eerlik toe winkel sy deure oop los

Food Basics

ʼn Winkel in Kanada het per ongeluk vergeet om sy deure te sluit – en die winkel is nie geplunder nie!

Kanada het op 18 Februarie Gesinsdag gevier en personeellede van die Food Basics-supermark in Kingston, Ontario, kon die dag met hul gesinne deurbring. Die werknemers het egter nagelaat om die winkel behoorlik te sluit.

Niemand het vir werk opgedaag nie, maar die klante het opgedaag om hul inkopies te doen. Hulle het vinnig ontdek dat daar nie enige toesig is nie.

Vir oneerlike persone sou dit die ideale geleentheid wees om die winkel te plunder, maar dis nie wat hier gebeur het nie.

Klante was bietjie verward en dalk geïrriteerd, en sommige van hulle is met leë hande daar weg.

Een ooggetuie het gesien hoe een van die klante uit die winkel stap met twee sakkies tamaties. Hy wou by die man weet of hy van plan is om net die tamaties te vat, maar die man het laat weet hy het $5 op die toonbank gelos.

Die polisie is ontbied en hulle het die bestuur van die winkel gekontak. Personeellede het die middag opgedaag om vinnig ʼn voorraadopname te doen. Hulle het bevestig van die klante het in die man se voetspore gevolg: hulle het die lys van inkopies neergeskryf en die korrekte bedrag geld op die toonbank gelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Neels ·

Aanvanklik het ek gedink wow dit is n wonder werk in SA maar toe ek verder lees sien ek dit is in Kanada. Sou so iets in Suid Afrika gebeur is ek 100% seker binne n uur sou daar niks oor wees nie. Heel eerste sou die drank afdeling geplunder word. Die mense het mos alreeds in die verlede bewys alles moet geplunder en gestroop word. Ek is n SA burger maar ek ken ook die handelswyse van die meerderheid van ons burgers. Daar is wel goeie en goed opgevoede burgers maar die kriminele element sal altyd teenwoordig wees ongeag kleur , taal en kultuur.

JohanL ·

Wens eerlikheid en integriteit was ook hier in SA die norm – let wel daar is mense wat dit het. Maar dit is definitief nie die norm nie.

Was dit nie Trump wat iets oor Afrika enkele jare gelede geskryf het nie? Was hy nie dalk reg gewees nie?

Rina Kotze ·

Wel gedaan aan die eerlike landsburgers van Kanada!

Ongelukkig bly ons ander in die sogenaamde NUWE SA!

As dit hier moes gebeur, was daar binne ‘n halfuur, niks oor nie, met nog baie skade aan die gebou ook!

Blommie ·

Ja nee wragtag, hier in SA vat hulle alles saam.
Van die voorraad tot die til en toonbank en die venster rame en deur slotte…
Daar sou niks oorgebly het nie.
NIKS
Geniet julle aangename land!

Lou ·

Hier in Sirkusland sou die besigheid minus die voorraad, betaal terminale, trollies, deure, dakplate, vensters en enige iets van waarde gewees het binne ‘n ommesientjie. Sommer nog die gebou afbrand ook net om te wys hoe ontevrede hulle is oor die swak diens

DS ·

In ons land die NUWE Suid-Afrika word daar ‘vreedsame’ optogte gereel om ‘n verskoning te he om gesluite deure af te breek, venster met bakstene uit te gooi en dan te plunder.

willem Botha ·

Ek sal nie sê n 3 de wêreld nie meer n 6 de wêreld afgegradeer na rommel status

Lynn ·

Ek het familie in New Zealand. Hulle vertel oral langs die pad is padstalletjies sonder enige kassier. Al wat op die toonbank is, is ‘n honesty box waarin jy jou geld plaas en kleingeld neem. Daar is soms te veel geld maar nooit te min.

My mening ·

Ek onthou baie jare gelede toe ons nog klein was en in die Laeveld vakansie gehou het, het baie padstalletjies dit ook gehad. En kyk waar is ons nou.

Johann cb ·

Sjoe, dit klink amper soos iets uit ‘n sprokiesverhaal…
Is daar nog sulke eerlike mense in Suid-Afrika?

Karolis ·

Ja hier is maar hulle moet eerder by die huis bly om die huisinhoud op te pas.

Huisvrou ·

In Botswana (Shakawe, verre noordweste) ervaar ek dat mense nog hierdie eerlikheid en integriteit het. Jy kan jou inkopies op die sypaadjie los vir ‘n goeie uur. Dit sal steeds daar wees …

Arno ·

Ja, daar is onder andere ook nog die doodstraf in Botswana. Pragtige land.

TDW ·

Dis hoe dit moet wees.
Ek het eenmaal inkopies gedoen en by die huis agter gekom ek het nooit betaal vir die koeldrank wat ek al begin drink het nie. Ek het onmiddellik terug gery om dit te betaal. Die kassier was heel verbaas en het my aangekyk asof ek heeltemal mal is. Die swart bestuurder het vir my gesê dat dit al baie gebeur het, maar net met witmense. Lyk my ons witmense is baie vergeetagtig.

Theresa ·

Wel dis in Kanada. Hier in SA is dit andersom. Jy kan ni eers jou huis se deure ooplos sonder dat hul jou kaalbas besteel nie wat nog van n supermark.

Hennie ·

Toevallig bly ek nou al etlike jare hier in Kingston. Daar is drie winkels hier. Ek glo dat dit wel so is. Het self verskeie kere vergeet om huis se deure te sluit of garage deur toe te maak. Slegs een keer was iets gesteel en ek gun die persoon die artikel. Het dit uit motor huis gevat twee uur die oggend temperatuur was daardie dag -22°C.

Wonder ·

‘n Winkel het vergeet om sy deure te sluit? Of ‘n nalatige werknemer?

Kark ·

Bly nou al 11 jaar in Kanada, en loshande die beste land ter wereld, beste mense, beste weer, beste alles. Trots om Kanadees te wees nou, en my kids is almal Kanadees gebore.

Kreef ·

@Kark, ons het self 4 jaar in Kanada gebly, en het dit vreeslik baie geniet, fantastiese plek, bly nou in Rome al vir 5 1/2 jaar, en ons kids is Italianers. 2 Fantastiese lande waar ons veilig is en ons kinders n toekoms het.

Anoniem ·

Dis nou die verskil tussen goeie opvoeding en ja wel………… ‘n reenboognasie…………

De Villiers ·

Eintlik is dit nie veronderstel om eers nuus te wees nie, dis veronderstel om so te wees, veral as jy jouself as beskaafd ag. Soos dinge in die RSA aangaan is dit abnormaal. Die mense in Kanada volg ‘n goeie waardesisteem, ontvang goeie opvoeding, het integriteit en gewete. Maar meer belangrik is die feit dat hul regering ‘n voorbeeld stel. Nie soos in die RSA waar korrupsie, diefstal, staatskaping, nepotisme ens. endemies is onder ANC geledere nie. Selfs van ons presidente is skuldig daaraan. Almal in ons regering, veral diegene in die parlement, is onwetend rolmodelle vir die jeug en ander landsburgers. Hoe kan mens verwag dat die nasie eerlik en wetsgehoorsaam moet wees as die regering nie eens dié voorbeeld kan stel nie?

Valerie ·

“Waarde” sisteem in Kanada? Verwringe liberale waardetjies. Gelees van die 14 meisie wat deur “sielkundiges” en skool “counselors” gedwing word (deur die kamtige Mickey Mouse hof in Vancouver) om geslag te verander teen ouers se wense (die wat beteer weet?). Is dit ‘n waarde sisteem? Nee, liberale twak.

LD ·

Ag hoe wens ek nou ek het in Kanada gewoon! Klink na ñ wonderlike land! Hier in SA kan jy bly wees as jy in die oggende wakker word agter al jou slotte en grendels! My arme kinders het geen toekoms in die land nie en om te immigreer Kanada toe is onbekostigbaar en wat nog meer onbekostigbaar is, is om hulle enige geleentheid te gee om verder te studeer om dalk eendag wanneer hulle kan te immigreer!

Tersia ·

Kyk was dit in SA was dit nie ‘n half uur nie dan was die winkel leeg gedra, hier werk jy mos vir niks jy vat wat nie joune is en waarvoor jy nie gewerk het nie. En as jy jou eiendom beskerm word jy vermoor of leed aangedoen. “Sic”

Aap ·

Hier sluit jy jou winkel en hy word elkgeval ge plinder , Nou wonder ek net wat is die verskill tussen hier en canada , ek kan net nie my finger op dit sit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.