Klante het ontwerpershandsakke opgeraap toe die Britse handelaar Harrods ʼn groot flater begaan het.
Klante het gedink Kersfees het vanjaar vroeg gekom toe Harrods se aanlyn winkel ontwerpershandsakke, ter waarde van £900 (ongeveer R15 000), vir minder as £10 (R170) verkoop het.
Dit blyk dat die desimale punt op die verkeerde plek ingevoeg is toe dié Aspinal of London-handsakke teen ʼn breukdeel van die prys op die winkel gepubliseer is. Italiaanse leerhandsakke is vir minder as £5 (R85) verkoop, terwyl dit gewoonlik honderde pond kos. Die Marylebone-handsak, gewoonlik £950 (R16 200) is vir slegs £8.08 (R138.60) te koop aangebied en nóg ʼn handsak, gewoonlik £250 (R4 288) is vir slegs £2.03 (R34.82) verkoop.
Nou blyk dit egter dat Harrods nie die transaksies gaan erken nie, en hulle het glo reeds aan klante ʼn bevestiging gestuur dat die bestelling nie verskeep gaan word nie.
Harrods het intussen in ʼn verklaring die fout toegeskryf aan ʼn flater in die rekenaarstelsel. “Weens ʼn prysfout op die verskaffer se rekenaar, is ʼn aantal Aspinal-produkte vir ʼn kort rukkie teen ʼn verkeerde prys op ons webwerf aangebied. Ons het dadelik stappe gedoen om die fout reg te stel en die kwessie is vinnig opgelos. Harrods het reeds met die betrokke klante kontak gemaak om hulle oor die fout in te lig en te bevestig dat die bestellings nie uitgestuur sal word nie. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak is.”
Een klant het egter gesê sy het twee Aspinal-handsakke bestel, die bestelling is goedgekeur en die betaling is aanvaar en die geld is uit haar rekening onttrek. Sy het ʼn halfuur later twee e-posse ontvang om te sê dat die bestelling gekanselleer is omdat die betrokke handsakke nie in voorraad is nie. Toe sy weer die Harrods-webwerf besoek was daar wel voorraad beskikbaar, maar toe sy die bestelling plaas, was die bedrag meer as £800. Harrods het haar in kennis gestel dat sy tussen drie en vyf werksdae vergoed sal word en die bestelling is gekanselleer.
ʼn Prokureur voer aan dat, aangesien die klante ʼn e-pos te bevestiging ontvang het dat die bestelling geplaas is, kan dit as ʼn kontrak beskou word en Harrods sal daaraan moet voldoen.
Ek’s jammer, maar om R16 200 vir ‘n handsak te betaal is malligheid. Ek het ook duur speelgoed, maar hulle doen darem iets meer as net mooi lyk, en hulle hou dekades eder as net ‘n paar jaar.
So wat kos jou duurste handsak Petrus ;-) ?
LOL !!! Skerp een kaptein !!!! So n duur handsak kan n mooi geskenk wees !!!!!
Die handsakke is nie eens mooi nie!!! EEEEuuuuuwwww ek betaal nie eens R50 vir so lelike handsak nie……..