Kleiner salaris as jy 2 minute vroeër wegglip

Argieffoto (Foto: Kevin Phillips/Pixabay)

Verskeie werknemers van ʼn regeringskantoor in Japan is met ʼn verminderde salaris beboet ná hulle die kantoor twee minute vroeër verlaat het. Die Funabashi-onderwysraad in die Chiba-prefektuur het op 10 Maart aangekondig dat hy ʼn paar personeellede gestraf het omdat hulle vroeg weg is uit die kantoor, berig Japan Today.

Die raad van onderwys het gesê sewe personeellede is betrokke by 316 voorvalle van vroeë verdaging tussen Mei 2019 en Januarie 2021. Volgens Sankei News het die werknemers hul vertrektyd as 17:15 aangedui, alhoewel hulle die kantoor om 17:13 verlaat het.

Volgens die onderwysraad het die personeel gesê hulle is vroeg uit die kantoor, omdat hulle die 17:17-bus wou haal. As hulle dié bus verpas, daag die volgende bus eers ʼn halfuur later, om 17:47, op.

ʼn 59-jarige vrou, wat in beheer is van teenwoordigheidsbestuur, word daarvan beskuldig dat sy ander gehelp het om vroeër die kantoor te verlaat, deur hulle verkeerde tydstempels aan te teken. Sy word beboet met ʼn 10%-daling in haar salaris vir drie maande.

Twee ander personeellede het skriftelike waarskuwings ontvang en vier ander het streng ʼn waarskuwing ontvang omdat hulle vroeg geloop het.

Japan plaas baie klem op stiptelikheid. Die Japannese nasionale spoorwegdiens het in die verlede al formeel om verskoning gevra toe treine ʼn paar sekondes voor hul geskeduleerde tyd vertrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Prontuit ·

SA kan BESLIS iets by julle kom leer!!!! Afrika tyd sal beslis nie geduld word daar nie

Anoniem ·

Doen dit gerus met personeel wat geen ekstra tyd insit nie en ‘n “8-4 and nothing more” houding het. Ek weet egter van baie mense in SA wat BAIE meer tyd insit as wat hulle werksure aandui sonder om ooit vergoeding daarvoor te vra.

Niel ·

Lyk nie vir my of jy n lewe na werk het nie. Ek werk net my ure en klaar. Daarna jaag ek huistoe om by my gesin te wees

Keelvol ·

Nuff, in die staats department word ekstra moeite nooit raak gesien nie. Wanneer daar bevorderingsgeleenthede opdoen dan kry die wat die minste doen die bevordering. So hoekom moet ek nog die moeite doen. 4 uur is huistoe gaan tyd vir my. Basta met enige iemand anderste se opinie.

SwartBees ·

Net soos Manie sê 8-4 and nothing more. Maar as dit kom by increase tyd ensovoorts dan staan die 8-4 and nothing mores heel voor in die koor.

Racheltjie Debeer ·

Ek is 1 van daardie mense wat BAIE meer tyd insit. Elke dag 6h45 op kantoor, en werk tee tye. Baie kolegas daag stiptelik 7h30 op en dan word daar eers koffie gemaak en gesels voor die werk begin.

Boerkind ·

Kom ‘n paar minute vroeër en loop ‘n paar minute later… en werk voluit tussen-in! Dit was en is my lewenswyse.

Mallie ·

In die nuwe Suid Afrika sal vroeg in kom en laat werk nie werk nie. Afrika tyd is die nuwe moto.

koos10 ·

As dit in SA toegepas moet word sal sommige mense moet in betaal!

Francois ·

Dis hoekom Pretoria so baie eenrigting strate het. Sodat die ouens wat laat inkom nie in die pad is van die ouens wat vroeg huis toe gaan…

E ·

Japan – wat kan ‘n mens meer se van mense wat rou vis en haaivinne eet. OOK die land wat dink selfdood is ok. LW die hele haai net weggooi, net die vinne eet, maar kla oor 2 minute. Belaglik. Mense het ook kinders en gesinne en ander verantwoordelikhede. Land van die insane.

E ·

Ek hoop hulle beboet rokers ook. Ek sien hoeveel tyd verlore raak met rokers by baie maatskappye. Sit dit in jou pyp en rook dit.

Eclectus ·

In Japan het jy nie ‘n horlosie nodig as jy die trein skedule ken nie.

Barney ·

Ek het ‘n soortgelyke instelling gesien jare terug toe ek oudits by Chinese maatskappye gedoen het. ‘n Kennisgewing by die deur het gesê as jy 5 minute laat is word jy 50% van die dag se loon betaal. As jy 7 minute laat is mag jy nie werk nie en kry niks. Dan het daar ‘n toesighouer tussen die mense deurgestap en gekyk dat hulle glad nie met mekaar praat nie en hulle tyd gevat as hulle badkamer toe gaan of opstaan vanaf hulle werkstafel. Baie onmenslik, maar dis hoekom hulle produktiwiteit so hoog is.

Johann ·

Suid Afrika sal 99% aan staatsuitgawes spaar indien dit hier toegepas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.