Klerewinkel stuur dieetstafies saam met bestellings

‘n Voorbeeld van die Atkins-stafies wat saam met ‘n bestelling versend is (Foto: jessemarisaelao/Twitter)

Die Amerikaanse klerehandelsmerk Forever 21 het om verskoning gevra dat hy dieetstafies saam met bestellings na sy klante gestuur het.

Die handelsmerk is skerp veroordeel op sosiale media vir die Atkins-dieetstafies wat saam met aanlyn bestellings verskeep is, insluitend plusgrootte bestellings. Atkins bemark dié stafies as lae-koolhidraat versnapering vir gewigsverlies, berig CNN.

“Ek het ʼn baaikostuum by Forever 21 gekoop en hulle het ʼn Atkins-stafie vir my saamgestuur,” het een Twitter-gebruiker gesê. “Dankie dat julle my daaraan herinner dat ek nie ʼn strandlyfie het nie.”

Talle wou weet of die dieetstafies slegs saam met plusgrootte bestellings uitgestuur is, maar Forever 21 het dit ontken. Volgens CNN het die handelsmerk in ʼn verklaring gesê hy het die gratis dieetstafies saam met alle bestellings en groottes uitgestuur.

“Forever 21 verras soms ons klante met gratis toetsprodukte van derdepartye in hul aanlyn bestellings,” het die maatskappy gesê. “Die betrokke gratis produk is by alle aanlyn bestellings ingesluit, vir alle groottes en in alle kategorieë. Dit word slegs vir ʼn beperkte tyd uitgestuur en is intussen verwyder. Ons vra om verskoning vir enigiemand wat aanstoot geneem het. Dit was nie ons bedoeling nie.”

Ander sosialemediagebruikers het egter die maatskappy verdedig en gesê dis bloot bemarking en klante is oorsensitief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nika ·

As oorgewig mense kamakastig so trots is op hulle gewig hoekom vat hulle aanstoot tot sulke goed?

Petra Botha ·

Ag tog….drama soekers…eet die stafie en hou op kla. dit was immers verniet en slegs n teken van welwillendheid. As daar niks is om oor te kla sal sekere mense altyd iets vind.

Bly stil ·

Dit sou my selfbeeld vernietig het! Ek “judge” myself elke dag oor hoe ek lyk. Ek eet reg, ek oefen x4 keer ‘n week – maar die gewig sukkel, so as ek ‘n swembroek ‘n size kleiner kan bestel, maak dit my dag en voel al my harde werk is nie verniet nie, ek sou dit ook persoonlik gevat het as ek ‘n dieetstafie bygekry het. Dink net aan mense wat lei aan depresssie, mense is te gou om te judge as jy nie in daai posisie is nie. (PS: Ek is nou ‘n gesonde Size 36, oppad na 34 (12 – oppad na 10)- met geen selfbeeld nie agv van mense wat nie dink voor hulle praat nie)

Size 10 ·

Ek voel net soos jy. En die verwerping van oorgewig mense is hartverskeurend want iewers daar binne is ‘n persoon. My size 10 jean maak nie van my sukses nie.

gratis is lekker ·

1ste wereld probleme! na al die belasting wat ek moet betaal, is ek te bly as ek iets verniet kry!

Gesiggie ·

Lekker giggel ek nou! Ai mense is tog so sensitief, die spieel en skaal jok nie. As jy plus size is dan is jy! So What! As dit jou pla doen iets daaromtrent moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie.

Schalla ·

Ai maar mense is sensitief. Goeie genade. As jy ly aan ‘n chroniese ooraktiewe kakebeen en iemand stuur jou ‘n dieet-stafie eet net die ding en beweeg aan. As dit jou so opklits om mee te begin en jy dus so sensitief oor jou gewig is is dit dalk die begin van ‘n goeie ding vir jou, hou dan so aan…

JK ·

In Amerika het dit so erg geraak, dat nie eens dokters vir “plus size” en “overweight” mense iets mag se nie, dis belaglik, as jy my nie glo nie – google bietjie Fat Acceptance, veral op Instagram, gaan kyk na Tess Holiday, sy block haar “fans” wat gewig verloor.

Abby ·

Ek sal nie kla nie! Hulle kan al die wat hulle verwyder het maar vir my stuur.

Dis ‘n bargain!

Zettie ·

Ek verstaan die ongelukkigheid. Ek is oorgewig weens gesondheidsredes – ek sou ook aanstoot geneem het. Ek het gister op RSG toevallig ‘n praatjie geluister waar daar gemeld was dat ‘n sekere mode-instansie nou dames met broekgroottes van 32 – 34 as “plus size” beskou. Dit breek jong meisies se selfvertroue af en ly selfs in sommige gevalle tot eetsteurnisse. “Plus size” is ‘n relatiewe begrip en is dit nie regverdig teenoor mense met swak selfbeelde en/of siektetoestande om elke dag herinner te word aan wat “normaal” veronderstel is om te wees nie.

Regtersklerk ·

Ag tog… neem mense dan aanstoot dat tydskrifte dink hulle stink wanneer ‘n gratis botteltjie “anti-perspirant” saam met die tydskrif uitgee word… een en dieselfde…

Sê ek ook ·

Kyk, ek is plus, plus grootte, ek voel sleg daaroor en weet ek moet iets doen.
Maar sjoe dit is lekker om te eet. Ek het ‘n groot probleem… Die gat in my gesig.
Hoekom belaglik raak ook so iets. 2 Jaar terug het ek Powerade by ‘n aanlyn winkel gekry….
Ek het nooit daaraan gedink dat hulle verwag ek moet begin hardloop nie.
Hoeveel van die gewone grootte mense was geafronteerd? Ek weet dit is nie maklik of eenvoudig nie maar doen iets aan jou gewig as dit jou pla. Soos ek sê ek is ook oorgewig en weet hoe dit voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.