Kleuter offer partytjie op vir haweloses

Geskenkpak vir haweloses. (Foto: skermskoot)

Geskenkpak vir haweloses. (Foto: skermskoot)

Armani Crews van Chigaco het op 5 Maart haar sesde verjaardag gevier, maar vanjaar was haar verjaardagpartytjie omtrent iets besonders.

Die $300 wat vir haar verjaardag bedoel was, is gebruik om vir hawelose mense kos te gee.

Armani het vir maande lank haar ouers gesoebat om vir die hawelose mense in hul gemeenskap kos te gee. Haar pa het vir haar gesê dit beteken sy kry nie ʼn verjaarsdaggeskenk nie, maar Armani was vasberade.

Hulle het hoender, vis, mielies, boontjies, koek, vrugte en water gekoop. Saam met skenkings wat hulle van hulle kerk se gemeentelede gekry het kon hulle geskenkpakke voorberei.

Armani Crews (Foto: skermskoot)

Armani Crews (Foto: skermskoot)

Meer as 125 bedelaars se harte is verbly met onder andere ʼn tandeborsel, deodorant, seep en kos.

“Dit was lekker om gaaf te wees,” het Armani gesê.

“Sy was opgewonde, sy was gelukkig en almal het kos gekry. Een van die mans het vertel hy het baie lanklaas ʼn warm bord kos gehad,” het Artesha Crews, Armani se ma, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miena

Dit is nou soooo lekker berig om te lees !! Jesus sal jou seën, Armani vir jou goeie daad !!! Trots op jou, meisiekind !!! ♡

Miena

Dit is nou sooo lekker berig om te lees !! Jesus sal jou seën vir jou goeie daad, Armani !! Trots op jou, meisiekind !! ♡

Middelburger

Mooi so Armani!!! Soveel meer nuuswaardig en aangrypend as die berig oor die ander kleuter wie se partytjie R100 000,00 gekos het…. Jy en jou hart is pragtig en opreg

Jaja

Net nog n attention seeking brat. Kom ons doen n “goeie daad” maar nie sonder om fotos te neem en dit op social media te plaas nie, want hoe moet ander mense sien jy doen soooo goed as jy nie fotos van jou “goeiedaad” op sit vir almal om te sien nie. Elke keer as ek meer as 10% tip gaan ek n foto opsit, as ek n hawelose n appel gee gaan ek n foto neem ens.

Sarie

Ag nee man jaja, Weet jy, dit is waar die hele probleem is, as almal van kleintyd af geleer was om te deel met almal, was julle land nie nou in so n verrotte stadium nie. As die pragtige kind, nou wel n gewone partyjie vir haarself sou gehad het, sou daar ook fotos geneem word is dit nie? En ek dink dit is n pragtige gebaar, pleks jy positiewe kommentaar lewer man, dis mense soos jy wat maak dat die wereld al hoe minder aangenaam word vir almal. Armani, gelukkige verjaar vir jou, en baie dankie dat jy jou… Lees meer »