Kleuter offer partytjie op vir haweloses

Geskenkpak vir haweloses. (Foto: skermskoot)

Geskenkpak vir haweloses. (Foto: skermskoot)

Armani Crews van Chigaco het op 5 Maart haar sesde verjaardag gevier, maar vanjaar was haar verjaardagpartytjie omtrent iets besonders.

Die $300 wat vir haar verjaardag bedoel was, is gebruik om vir hawelose mense kos te gee.

Armani het vir maande lank haar ouers gesoebat om vir die hawelose mense in hul gemeenskap kos te gee. Haar pa het vir haar gesê dit beteken sy kry nie ʼn verjaarsdaggeskenk nie, maar Armani was vasberade.

Hulle het hoender, vis, mielies, boontjies, koek, vrugte en water gekoop. Saam met skenkings wat hulle van hulle kerk se gemeentelede gekry het kon hulle geskenkpakke voorberei.

Armani Crews (Foto: skermskoot)

Armani Crews (Foto: skermskoot)

Meer as 125 bedelaars se harte is verbly met onder andere ʼn tandeborsel, deodorant, seep en kos.

“Dit was lekker om gaaf te wees,” het Armani gesê.

“Sy was opgewonde, sy was gelukkig en almal het kos gekry. Een van die mans het vertel hy het baie lanklaas ʼn warm bord kos gehad,” het Artesha Crews, Armani se ma, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Miena ·

Dit is nou soooo lekker berig om te lees !! Jesus sal jou seën, Armani vir jou goeie daad !!! Trots op jou, meisiekind !!! ♡

Miena ·

Dit is nou sooo lekker berig om te lees !! Jesus sal jou seën vir jou goeie daad, Armani !! Trots op jou, meisiekind !! ♡

Middelburger ·

Mooi so Armani!!! Soveel meer nuuswaardig en aangrypend as die berig oor die ander kleuter wie se partytjie R100 000,00 gekos het…. Jy en jou hart is pragtig en opreg

Jaja ·

Net nog n attention seeking brat. Kom ons doen n “goeie daad” maar nie sonder om fotos te neem en dit op social media te plaas nie, want hoe moet ander mense sien jy doen soooo goed as jy nie fotos van jou “goeiedaad” op sit vir almal om te sien nie. Elke keer as ek meer as 10% tip gaan ek n foto opsit, as ek n hawelose n appel gee gaan ek n foto neem ens.

CK ·

mmm.. ruik ek suurdruiwe. ag sies man skaam jou. Doen wat jy wil as jy dan ‘n foto wil opsit doen so, maar moet asb nie ander mense afkraak nie.

Ronel ·

@Jaja. Jy is nou die perfekte voorbeeld van ” AS jy nie iets goed oor iemand te sê het nie, hu eerder jou mond”. Wat van Ek daag jou uit om dit wat die meisiekind met soveel liefde en oorgawe gedoen het, Probeer om dit te “beat”. Aanvaar jy die uitdaging? Indien nie. mag ek jou maar pateet doop?

Se maar net ·

@Jaja…wat het jy al gedoen vir die gemeenskap? Hou op negetiewe eier le ok,Jys net jaloers dalk kort jy almoese.

Sarie ·

Ag nee man jaja,
Weet jy, dit is waar die hele probleem is, as almal van kleintyd af geleer was om te deel met almal, was julle land nie nou in so n verrotte stadium nie.
As die pragtige kind, nou wel n gewone partyjie vir haarself sou gehad het, sou daar ook fotos geneem word is dit nie?
En ek dink dit is n pragtige gebaar, pleks jy positiewe kommentaar lewer man,
dis mense soos jy wat maak dat die wereld al hoe
minder aangenaam word vir almal.
Armani, gelukkige verjaar vir jou, en baie dankie dat jy jou ou hartjie oopgemaak het vir jou naaste wat met baie minder moet doen as jy, onthou net my kind, die HEERE sien dit raak mense,
hierdie klein mensie het iet vir HOM gedoen.

En as ek mag vra, HOEVEEL keer het julle al iets vir ander gedoen? Nie net omdat gee gee is nie, maar met die hart uit liefde?

JajaJa ·

Frankryk is glad nie in n verotte stadium nie, en *Here. Nee wat ek’t gewerk vir my geld, gaan dit nie net uitdeel vir die paar vrot appels nie. Ek koop eerder vir my cigars en whisky, as wat hulle my geld opsuip.

Trappies ·

Kyk ek het saterdag n bedelaar se lewe gered buite Spar.
Toe ek uit die winkel kom bedel die man n geldjie. Vra ek hom wat sal hy doen as ek hom R200 gee. (dit is al wat ek gehad het). Sy antwoord was hy sal dood neer slaan. Toe hou ek maar die R200.
(Tong in die kies)

Trol ·

Julle mense weet duidelik nie wat n “internet troll” is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.