Kleuter se keuse van pop laat sosiale media gons

(Foto: Facebook)

ʼn Tweejarige dogtertjie van Suid-Carolina in die VSA het ʼn verkoopsassistent verbaas met haar keuse van ʼn pop, maar sedert haar ma die storie op Facebook vertel het, het meer as 200 000 mense dié inskrywing gedeel.

Sophia Benner kon vir haarself ʼn geskenk uitkies en het besluit op ʼn swart pop.

“Sy het heeltyd teruggegaan na die dokterpop, want in haar kop is sy reeds ʼn dokter. Sy hou daarvan om ‘ondersoeke’ te doen en as jy in die huis kom sal sy jou onmiddellik sê wat jy nodig het,” sê haar ma, Brandi Benner.

Toe Sophia en haar ma gaan betaal vra die assistent egter of Sophia nie eerder ʼn pop wil hê wat meer soos sy lyk nie?

“Die pop lyk dan soos ek!” het Sophia geantwoord. “Sy is ʼn dokter en ek is ʼn dokter. Sy is mooi en ek is mooi. Kyk haar mooi hare? En kyk haar mooi stetoskoop.”

Haar ma was bly daaroor dat Sophia vir haarself opgekom het. “’n Ander kind sou ontmoedig gewees het deur die vrou se reaksie.”

Benner het verlede maand die voorval op haar Facebook-blad gedeel en geskryf: “Velkleur kom in verskillende skakerings en elke skakering is mooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nettie ·

Die kind het waarskynlik nie eens die velkleur van die pop raakgesien nie. Sy assosieer met die pop, omdat sy drome het om eendag ‘n dokter te word en die pop het die klere en bykomstighede van ‘n dokter aan. Begin en einde van die saak.

Valerie ·

Sug, net op Facebook en “sosiale” media sal so iets onbelangriks ‘n “thing” of ‘n “issue” wees. Het daai 200 000 wat die aardstoppende storie gedeel het niks anders om te doen nie?

Lindie Lourens ·

My dogter van 29 jaar oud het 22 jaar gelede vir haar in Tarkastad ook ‘n swart pop gekoop. Sy het lank gesoek vir so een. Ons het daar gekuier , maar woon op Robertson. Ek wou al die pop weggee, maar sy stop my elke keer- dit is haar pop!!!

'Deur Kinder-Oë' ·

Wat van bietjie positiewe kommentaar hierop. Ek dink die les wat ons hier kan leer is dat ons soos die Bybel leer meer soos ñ kind moet wees. Kleur is net kleur, dit maak nie van ñ persoon wie of wat hy is nie. Sien ten minste die mooi hierin raak. Dankie vir die bietjie goeie nuus.

Lettie ·

Ai julle onthou net kinders sien nie kleur nie – kind bly kind dit is net ‘n pop REGTIG

Suzette ·

Ek stem, kinders sien nie kleur nie en dit is soos dit hoort. My dogter het altyd ook met die “swart” maatjies gespeel, nie omdat hulle van ‘n ander ras is nie, maar omdat hulle engels gepraat het en sy wou so “getan” soos hulle wees.

Hierdie ou dogtertjie sien regtig net die drs jassie raak. Ja dit is dalk nou nie nuuswaardig in party se oë nie, maar sweet. Dit gebeur eintlik baie meer as wat dit die nuus haal, want dit is alledaags en mooi.

Karen ·

Ag dis die mooiste ou gesiggie kind … solank dit jou hart gelukkig maak en jy weet wat jy wil he van so klein al af is dit amazing…. moet nooit verander nie en volg jou eie hart, vol selfvertroue…. hoop jy word die wereld se beste Dokter…

Reinhardt ·

Ag jissie mense, hierdie is n goeie storie van n dogtertjie wat nie eers BESEF dat die pop ‘n ander kleur is nie. Dit is n bewys dat rasisme ‘n mensgemaakte ding is wat aangeleer word, hoekom kan julle nie die goed in dit raaksien nie?

M ·

Ek wens groot mense kon meer soos kinders wees. Hulle sien nie kleur raak nie. Net soos dit nie vir hulle saak maak nie, moet dit ook nie vir ons saak maak nie. Ek verstaan nie die issue oor die pop nie.

VT ·

Ek wil nie ‘n argument begin nie, en dit gaan nie vir my oor ras nie. Maar as ‘n blanke ma met 2 aangenome bruin meisiekinders, wil ek net die volgende noem. Elke meisiekind het die reg om ‘n pop te kry wat vir haar mooi is. Of die pop nou lyk soos sy of nie. Maar dink julle dis regverdig om te verwag dat my bruin kinders maar al die jare tevrede moes wees met poppe wat blonde hare en blou ogies het? Verdien hulle nie ook poppe wat soos hulle lyk nie? Dit is uiters skaars. Ja, kinders is inderdaad kleurblind, maar wie het besluit dat daar net “wit” poppe gemaak moet word? Ja, ek weet daar is “Bratz” en ander langbeenpoppe wat inderdaad ander rasse verteenwoordig, maar hoe dikwels sien jy babapoppe wat bruin of swart is in die winkels. DIS die eintlike issue. ‘n Kind moet ‘n KEUSE kry, nie gedwing word in die boksie wat ons hulle wil plaas nie.

Nellie ·

Ek stem onvoorwaardelik met jou saam. Daar is ongelooflike mooi swart en bruin babapoppe (soos ons mee gespeel het – regte outydse babapoppe) by Game, en dit is nie eers baie duur nie (as jy dalk wil gaan loer). Ek gee deesdae so ‘n pop as ‘n geskenk by elke baba-tee waarheen ek genooi word, en lag lekker vir party mense se reaksies. Ek het vir myself ook een gekoop – sommer net vir mooi.
Jy is bevoorreg om te kon aanneem – ek kan nie kinders he nie, en sou so graag wou. Ek wens jou alle seen toe.

Stoffel ·

Nou sal die sg social justice warriors seker weer skreeu: “Cultural appropriation!”

joe ·

Dis die ouers s se plig om die kind reg te leer van swart en wit! As die kind iets verkeerd gedoen het is hulle gou om pakslae te gee want dit was verkeerd. Hoekom help hulle haar nie reg met die pop nie

Ja nee. ·

Is dit nou nuus…..?
Daar is beter dinge om oor te berig…

Oupa ·

Dís hoe breindspoeling werk, mense! Hoekom is daar swart- én witmense op aarde? Hoekom is ons almal nie dieselfde kleur nie? Dínk bietjie hoekom word beuselagtighede aan die groot klok gehang!

Amazing ·

VT well done. ..my seun Wat gay is mooiste dierbaarste oulikste bruin baba dogtertjie aangeneem. ..vandag sy amper 3 en sy word AFRIKAANS groot. ..n kind is engeltjies wat gegee word. ..hoekom issue oor kleur. ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.