Klim die trappe, speel klavier

Skermgreep uit die video

Net soos ʼn toneel uit Tom Hanks se Big, kan dié klavier regtig speel.

Kanadese wie se Nuwejaarsvoornemens was om meer aktief te wees, kan dié unieke trappe in Toronto as aansporing gebruik. Jy hoef nie ʼn pianis te wees om ʼn deuntjie te speel nie, elke trap speel ʼn ander noot.

Die klaviertrappe is ʼn konsep van Oxford Properties en Trifold Creative het die trappe geïnstalleer. Kevin Hardy, adjunkpresident van eiendomsbestuur by Oxford Properties, het gesê die trappe skep ʼn gevoel van welsyn – emosioneel en fisies. “Die musikale trappe laat mense glimlag en moedig meer mense aan om eerder die trappe as die roltrap te gebruik.”

ʼn Kennisgewingbord langs die installasie lui “The Keys to Wellness”.

Die klanke verander, so jy weet nooit wat jy kan verwag wanneer jy die trappe klim nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

TDW ·

Dit sal baie mense aanpor om nie die trappe te gebruik nie, want dit trek te veel aandag. Kinders sal mal wees daaroor.

Raas koppie ·

Dankbaar ek werk nie in een van daai winkels daar naby nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.