Knoffelkoffie vir swanger vroue

Yokitomo Shimotai met sy knoffelkoffie

Knoffelkoffie kan binnekort die antwoord wees vir swanger vroue wat smag na ʼn koppie koffie.

Yokitomo Shimotai (74) van Japan het per ongeluk dié drankie “ontdek”. Sy knoffelkoffie word al sedert Januarie verkoop en bevat geen kaffeïen nie.

Hy verduidelik hy het 30 jaar gelede by sy restaurant ʼn stuk vleis en knoffel verbrand. Hy het die verbrande knoffel met ʼn lepel platgedruk en dit met warm water gemeng. Toe hy daarvan drink, was hy verbaas dat dit soos koffie proe, net bietjie bitter.

Shimotai het ná sy aftrede begin om verder navorsing te doen, met die doel om die knoffelkoffie as ʼn produk te bemark. Hy het uiteindelik vyf jaar gelede die regte metode gevind om die knoffelkoffie so lekker as moontlik te maak en het in 2015 ʼn patent geregistreer.

Alhoewel die drankie na geroosterde knoffel ruik, sal die jou asem nie sleg laat ruik nie, omdat die knoffel deeglik gerooster word, het Shimotai verduidelik.

Die koffie word tans by twee winkels in Aomori-prefektuur verkoop of kan telefonies bestel word. ʼn Pakkie met een koppie knoffelkoffie kos 324 yen (R38). Bestellings kan geplaas word by sy werkswinkel, Techno Baisen Kobo (+81 195 37 1999).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waarheid ·

Die man het sy GELUK gewaag, NIE vir my. Boeretroos en knoffel word apart met groot genot en gesondheid geniet uit en gedaan, dankie maar NEE DANKIE.

Kannaland ·

Plas Maroela eerder ons eie mense se produkte so bemark.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.