Koffiekenner sal Aus-atlete by Spele help

Argieffoto (Foto: Claro Cafe/Pixabay)

Australiese atlete by die Winter Spele het ʼn stimulant wat hopelik hul prestasie ʼn hupstoot tot goue medaljes sal gee. Hulle gaan hul eie barista na hul Covid-veilige Beijing-borrel vlieg.

Die koffieliefhebbers het ook verlede jaar tydens die Somerspele in Tokio ook ʼn barista gehad en dit was só groot treffer, dat hulle dit in die hoofstad van China wil herhaal.

“Die doel van die barista is ʼn beproefde metode en bied ware bystand vir hoë prestasie,” het Geoff Lipshut, die hoof van die Australiese sending, Woensdag gesê – twee dae voor die openingseremonie van die Beijing-Spele.

“Ons het ʼn barista in Tokio gehad waar die span uitstekend gevaar het. Ons hoef nie eers twee keer daaroor te gedink het nie. Ons winteratlete het baie ver van Australië af gereis, en nou kan ons vir hulle ʼn bietjie van die huis gee.”

Phil Bellingham, ʼn heg-en-steg-skiër, hoop dat die kaffeïen-inspuiting van ʼn Queensland-barista hom die nodige hupstoot sal gee. “Koffie is ʼn goeie stimulant om prestasie te verhoog. Dit is wonderlik dat ons dié ietsie ekstra aan ons kant het,” het die 30-jarige geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.