Koffieraaisel laat almal kopkrap

ʼn Raaisel op Twitter laat verskeie persone kopkrap, maar die antwoord is eintlik baie eenvoudig as jy mooi kyk.

Die gebruiker @_herbeautyxo het die raaisel op Twitter gedeel en dit wys ʼn beker koffie wat in ʼn stelsel gegooi word. Die pype lei elkeen na ʼn koppie met ʼn nommer daarop. Die vraag is: Watter koffiekoppie sal eerste vol word?

Hier is die raaisel (die antwoord volg onderaan, maar kyk of jy dalk eers self ʼn oplossing kan beraam):

Verskeie persone het al raaiskote gewaag, maar nie almal was ewe suksesvol nie:

 

Hier is die antwoord: slegs koppie nommer 5 sal gevul word. As jy mooi kyk na die pype, sal jy sien dat daar blokkasies is, en die koffie sal nie by die ander koppies kan uitkom nie.

Het jy reg geraai?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Michelle ·

Regtig?!? Julle grap seker. Hoe op aarde kan mense nie die antwoord sien!!

Mia ·

Dis omdat mense verwag om n moeilike wiskundige vraag op te los. Dan fokus mens so hard om te dink hoe die koffie in n stel pype sou vloei. As mens so n harde wiskunde probleem probeer oplos dan is die linkerbrein so besig dat die logiese regterbrein uitmis op visiuele detail. Jy is waarskynlik ‘n baie visiuele/kunstige mens.

Niel ·

ja nee koppie no 5 sal na ‘n lang wag gevul wees… hopenlik is dit nog warm teen daai tyd.

Blondie ·

Eks jammer maar ek stem nie sa.met die.antwoord nie
Ek sou se nr 9 is die een wat die mees logieste sou wees om eerste vol te wees.
Nr 5 het twee keer soveer meer kapasiteit om te vul voordat die beler gaan vol wees.
Se maar net.

Marlie ·

Uhm . . . . al die “pypies” behalwe die wat na koppie 5 lei is geblok. Net koppie 5 kan koffie ontvang

Leon ·

No 9, 4 is blocked, then no 5, 7 is also blocked.
So, no 9, then no 5.

Marlie ·

Look again. All “pipes” except the one leading to cup 5 are blocked off. No other cup can receive any coffee

Charmaine ·

Ek stem nie volkome saam nie.Wat van 9 daar is geen blokasie nie?

ECT ·

@Pierre & Charmaine – kyk weer: no. 9 is geblok aan die einde van die pypie.

Izolde Pistorius ·

Stem ook saam met vorige leser….. sien geen blokkasie by nommer 9 nie.

Mia ·

Kyk na die onderkant vd pyp waar die koffie moet uitkom….vergelyk dit met die ander pype…

Cherise ·

Net nr 5 sal vol word. Al die ander is geblok. Gaan kyk mooi nr 9 is ook geblok

Eksê ·

Kyk weer mooi: Nr 9 is toe onderaan die pyp/buisie. Dit kan nét nr 5 wees.

Anton ·

Asseblief julle, NET nommer 5 kan gevul word. Al die ander is geblok.

Daisy ·

Nr 9 se pypie is aan die onderkant geblok. (Net voor die koppie )So net 5 kan vol raak.

Rina ·

Ek dink ook eerder dat nr 9 eerste vol gaan wees. Die eerste pypie wat soontie beweeg sit laer as die 1 wat na nr 5 beweeg.

Niel ·

koppie no 9 se pyp is geblok aan die eind – so net die pyp gaan gevul word maar nie “uitloop” tot in no9 nie. So ja, koppie no5 is die wenner en ook die enigste een wat gevul kan word.

Chanel ·

Nr 9 se pypie is aan die onderkant net bo die koppie geblok. Nr5 is die enigste wat geen blokasie het nie.

Mariska ·

Al die ander koppies is geblok behalwe 5 so 5 sal koffie kry. Kyk mooi mense. Haha ?

Werner ·

Haha. Net 4 gaan vol word. Ander gaan nie eers n druppel sien nie.

Werner ·

Lol. Ok ek het gedink die ou het net sleg geteken maar ek besef nou jy moet na geblokte pype ook kyk. So ok dit moet 9 wees :-)

Christine ·

Ek dink geen koppie nie. Want dit gaan als afloop in onderste blok (by nr 5) in of in die ander blokke (nr 9). Die koffie gaan nooit die blokke en pype na 5 volgenoeg maak sodat dit kan afloop in nr 5 nie.

Gerhardb ·

Julle is snaaks, ek lag nou lekker vir al die kommentaar…. Ontspan…vergeet maar van die koffie en gaan drink n koppie Tee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.