Kombuis opgeblaas oor lastige vlieg

Argieffoto (Foto: Mabel Amber/Pixabay)

Ons almal weet hoe lastig ʼn klein insek kan wees, maar een man het per ongeluk ʼn deel van sy huis opgeblaas toe hy van ʼn vlieg ontslae wou raak.

Die 82-jarige man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het Vrydagaand vir aandete aangesit in sy huis in die klein dorpie Parcoul-Chenaud in Frankryk, berig die plaaslike koerant France Bleu. ʼn Vlieg het hom lastig geval.

Hy het ʼn elektriese vliegklap in die huis begin rondswaai – en nie besef dat ʼn gasbottel in sy huis lek nie. ʼn Reaksie tussen die klap en die lekkasie het ʼn reaksie veroorsaak, berig die BBC. Die ontploffing het ʼn deel van die kombuis verwoes en die huis se dak gedeeltelik beskadig.

Die man het gelukkig nie enige ernstige beserings opgedoen nie. Hy het slegs ʼn brandwond aan sy hand opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir ʼn ondersoek.

Terwyl sy huis onbewoonbaar is, bly hy by ʼn plaaslike kampterrein. Sy familie is besig om sy huis te herstel.

Dit is nie duidelik wat met die vlieg gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adam Adriaan ·

Beste raad vir vlieë in die kombuis , is om asyn in ‘n potjie baie stadig te kook. Siet daar ontslae van die lastigheid. Beter as die beste insekdoder.

Karlahari ·

Dit is nie duidelik wat met die vlieg gebeur het nie….!!!

saggiespraat ·

My pa het altyd hulle vlerkies af getrek en hulle n “loop” gemaak…

Ansie ·

Ek weet dis nie veronderstel om snaaks te wees nie, maar die laaste sin het my laat uitbars van die lag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.