Verskeie troeteldiereienaars laat hul diere toe om aan die voetenent op te krul, maar dié leeu is sowaar koning in sy eienaar se huis.
Zulkaif Chaudhary (33) van Multan City in Pakistan het ses maande gelede die leeuwelpie gekoop, en nou weeg Babbar byna 80 kg en verorber daagliks meer as 7 kg rou vleis. Babbar het sy eie koninggrootte bed met ʼn dubbele matras en selfs lugverkoeling in die gesin se luukse huis.
“Hy is soos my kind. Hy was twee maande oud toe ek hom gekry het,” verduidelik Zulkaif en sê hy sal Babbar nooit met ʼn ketting vasbind nie. “Ek is baie lief vir leeus en wou graag vir een sorg.”
Zulkaif het nooit sy planne, om ʼn leeu aan te skaf, met sy familie bespreek nie. “Ek het hom net gekry en toe vir hulle gesê, maar hulle was almal bly om hom te sien. Nou kom groet almal hom daagliks.”
Hy sê hy is nie besorg dat Babbar hulle sal aanval nie. “My seun speel elke dag met hom.”
Zulkaif beweer hy het toestemming van owerhede om die leeu in die gesin se huis aan te hou, maar wil nie bekend maak waar hy die leeu gekoop het nie. Hy het glo ongeveer R60 000 vir die leeu betaal. Babbar se etes jaag Zulkaif maandeliks byna R45 000 uit die sak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Niks anders as diere mishandeling nie, maar dis n status simbool onder die rykes in Pakistan.
Koning Leeu moet in die wildernis wees saam met al die ander leeus en diere !!!!
Wel EK sal nou nie probeer om hom van die bed af te jaag nie. Sal maar liewer self op die matjie slaap!!!
Lekker bly ou grote! Lyk vir my of hy so amper jou een van die dae gaan geniet as sy pond vleis!
Hierdie lyk nie vir my na ń baie tevrede leeu nie. Hy knor te veel vir sy baas. As ek die baas was sou ek so ń bietjie vriendeliker met so ń groot vleisvreter gepraat het.