Koningpikkewyn kom kuier al die pad uit Antarktika

Foto: Jon Kerrin

ʼn Koningpikkewyn het Woensdag al die pad uit Antarktika in Kaapstad kom kuier.

Die natuurfotograaf Jon Kerrin het foto’s van dié spesiale gebeurtenis op sy Facebook-blad gedeel. Die pikkewyn het by Buffelsbaai by die Kaappunt Nasionale Park opgedaag.

Volgens Jon is dit baie seldsaam om ʼn koningpikkewyn aan dié kus te sien, en die laaste een by Kaappunt is in 2007 opgemerk.

“Hy het baie ver geswem, sy huis is in Antarktika,” skryf Jon. “Die groot skare wat na hom kom kyk het, het hom nie gepla nie – hy het selfs tot by een fotograaf gestap asof hy hom wou groet.”

Die nabygeleë Simonstad is bekend vir Boulderstrand, waar brilpikkewyne (Engels: African Penguin) broei. Die brilpikkewyn is ʼn klein pikkewyn wat endemies is aan die wes- en suidooskuste van Suider-Afrika en die enigste pikkewyn wat in dié area se gebiedswater broei.

Wetenskaplikes het vroeër gedink pikkewyne is so ongewoon dat hulle aan ‘n baie vroeë tak van voëlevolusie behoort, maar onlangse navorsing het getoon hulle is eintlik maar net verwante van stormvoëls wat baie goed aangepas is om in die water te lewe. Die brilpikkewyn is een van ‘n aantal spesies wat in ‘n warmer klimaat woon.

Koningpikkewyne is 88 cm – 95 cm groot en weeg tot 15 kg. Die pikkewyn kan uitgeken word aan sy lang swemvlerke en duidelike oranje nekvlekke met ‘n pienkoranje plaat aan die kante van die lang, dun, effens krom snawel.

Besoek Jon Kerrin se webwerf en Facebook-blad

Today something bizarre happened!!!A King penguin showed up at Buffelsbaai in Cape Point National Park.The African…

Posted by Where The Light Is: Photography by Jon Kerrin on Wednesday, October 30, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

surf's up ·

Mooie dingetjie. Die aarde raak so warm, daar is nie meer groot verskil in water temperature nie?

Dorothy ·

So Pragtig. Die King het vir hom ‘n Queen kom soek hierby ons.

Hagar ·

Baie interessant. Sal graag meer inligting wil kry. Hoe ver is die afstand wat hy geswem het? Hoe lank moes die tog duur, en bly hy nou lewenslank hier of sal hy weer terugkeer. Hoe bepaal hy die rigting om hier te kom of het hy maar toevallig hier aangeland?

TJ ·

Help asb, is daar nog ‘n Buffelsbaai naby Kaapstad/Kaappunt? Ek ken net die Buffelsbaai tussen Knysna en Sedgefield?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.