Koninklike geboorte gevier met 108 000 bome

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die koms van die koning en koningin van Bhoetan se baba is gevier met die aanplanting van 108 000 bome.

Talle inwoners van dié Boeddhiste land sal tydens hul daaglikse uitstappies talm om vir die boompies wat in valleie en teen heuwels geplant is water te gee. Bome word as goddelik beskou vir Boeddhiste vir hul rol in die verskaffing en voeding van alle vorms van lewe.

Tschering Tobgay, eerste minister, het verlede week tienduisende vrywilligers gehelp om die bome aan te plant ter viering van die koms van die jongste toevoeging tot die koninklike familie. Die prinsie is ʼn maand terug gebore. Sy ouers, koning Jigme Khesar Namgyal Wangchuck en koningin Jetsun Pema is uiters gewild onder Bhoetan se bevolking van 800 000.

Foto: Tendrel Initiatives via AP

Foto: Tendrel Initiatives via AP

In die Boeddhisme is bome simbole van ʼn lang lewe, gesondheid, skoonheid en deernis. Die aantal jong boompies wat aangeplant is, is ook simbolies aangesien Boeddhiste glo elke persoon moet 108 versoekings oorkom om geestelike verligting te bekom.

Daar is onder meer kiaat-, eike-, blinkblaar- en dennebome geplant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jenny Thom ·

Wonderlike gebaar en baie, baie slim.
Die suurstof wat daardie 108,000 bome gaan meebring is onbeskryflik noodsaaklik vir sy land. Wens die koninklikes van ons dierbare SA wil dit doen. Hulle vernietig elke 25min ‘n rugbyveld bome. Geen wonder ons word almal soveel makliker siek, bly langer siek en ons kinders het siektes wat 50 jaar gelede ongewoon was. Gaan doen gerus bietjie navorsing van die suurstof wat ons 50 jaar gelede inge-asem het, en wat nou die geval is. Julle sal verstom staan. Die ergste is dit gaan elke dag slegter en nie beter nie.

Renée ·

Wat ‘n wonderlike nalatingskap, in ‘n wêreld waar ons net aanmekaar van verwoesting hoor!

Retief ·

Sal dit nie ‘n wonderlike gedagte wees as een van ons onsinnige openbare vakansiedae, soos Menseregtedag of Jeugdag, verander word in Boomplantdag nie? As elke gesin daardie dag net een boom plant, dink net hoeveel bome sal ons land ryker wees. En as die kinders geleer word om daardie bome nat te hou en te versorg, dink net aan hoeveel liefde vir die natuur gaan ons by hulle kweek, in plaas van om hulle te leer om net leeg te lê op ‘n vakansiedag wat eintlik géén sin of bestaansreg het nie.

Tania ·

Retief daar is ‘n Nasionale Boomplantdag. Elke jaar die 1ste September, maar ongelukkig neem die mense dit ernstig op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.