Konsternasie toe SA-man in speedo wou vlieg

Greig Bannatyne in sy speedo (Foto: The South African)

Greig Bannatyne in sy speedo (Foto: The South African)

Kyk, meeste mense raak angstig as jy te naby aan hul persoonlike ruimte kom, veral met die min spasie wat die meeste ekonomiese vlugte bied. Die oë het egter onlangs behóórlik gerek toe ʼn Suid-Afrikaanse man sommer met sy baaibroek, ʼn knap speedo, langs medepassasiers op die vliegtuig wou inskuif.

Foto’s van Greig Bannatyne het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei nadat hy op ʼn Malawiese lughawe in dié speedo gekiek is.

Hy is later deur die polisie voorgekeer, ondervra en verbied om met sy speedo op die vliegtuig te klim.

Dit egter aan die lig gekom dat Bannatyne mense probeer bewusmaak het van Madswimmer, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat swemkompetisies hou om geld vir kinders van dié land in te samel.

“Hoewel ons die kompetisies, sowel as die liefdadigheidsorganisasies wat ons ondersteun, baie ernstig opneem, is daar ook ʼn ligter sy aan Madswimmer,” het die organisasie aan The South African gesê.

Bannatyne se publisiteitsfoefie het daarin geslaag om meer as R30 000 vir die liefdadigheidsorganisasie in te samel.

Vir meer inligting oor Madswimmer, besoek hul webwerf.

Bron: The South African

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

SkarrelKind ·

Greig Madswimmer vir president – Whahaaaaa! Wel gedaan.

Denise ·

Dit is nou n bakgat idee en ja dit is nou wel n Speedo maar vir n goeie doel !!!

Jean ·

Jyt dalk ‘n goeie daad gedoen maar EK is bly jyt nie langs my gesit nie. Werk net nie vir my nie.

E.K. ·

Nou-ja, toe! Hy het geslaag in sy doel – R30 000.00 is ‘n fortuin in Malawi! Mooi so ouboet!

Karma ·

Ja, sê ek ook, Brenda – ek sou die ‘ware’ waardeer het en dalk nogal self ‘n donasie gemaak het. Dit is mos nie aldag dat ‘n vrou so geseën word nie ….

Lag net ·

As jy in jou Pep Store onderklere mag swem in Durban, kan ek nie sien hoekom mens nie mag vlieg in swemklere nie LOL…

Nico Humphries ·

Eish. Vriende laat nie toe dat hulle vriende Speedo’s en Crocs dra nie!!

Asjas ·

Ek is net bly dit was nie PAJAMAS nie, anders was die herrie goed los!!

Erika ·

Tien uit tien….jy het jou doel break en dis die belangrikerste. Mooi man…..bietjie humor in die wereld.

Savana ·

Vossie leef en laat leef Daar is baie meer dinge in SA wat “”Gross”” is at least het die man iets gedoen wat min van ons doen wn dit is om n goeie daad deur te voer Well done hy is my Hero

lekker lag ·

Lekker lag ek nou…. daai vlug sou te kort gewees het…,. en vir sommiges baie lank gewees het…. Sou nie mind nie… dit bietjie humor. Sou jy vir jou man ook gross gese het as dit hy was… teminste was als toe wat toe moes wees… sommige vrouens en dogters trek broekkies aan wat jy als anyway sien …

Louis Prinsloo ·

Hierdie dele van SA waar ek bly, ja dis te warm sommige dae en speedo is net regte ding om af gekoel te bly en lekker te lag. Leef en laat leef, lag en laat ander saam lag

Let ·

Is daar ‘n kleredrag kode vir vliegtuie. Nog nêrens enige voorskrifte gesien nie. Hierdie man het mannemoed openbaar vir ‘n goeie saak. Tien uit tien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.