Koop ʼn huis in Italië vir net €1

Ollolai (Foto: Instagram via vitotoro76)

Die Italiaanse dorpie Ollolai op Sardinië in die Middellandse See verkoop honderde huise teen net €1 elk – dit alles om te verhoed dat die plek ʼn spookdorp word.

CNN berig dié dorpie in die bergstreek Barbagia se bevolking het in die laaste halfeeu van 2 250 inwoners tot 1 300 afgeneem, en boonop word slegs ʼn paar babatjies jaarliks gebore.

Die doel met dié goedkoop geboue is dat nuwe inwoners weer lewe aan Ollolai kan gee. Daar is egter ʼn vangplek: Kopers moet onderneem om die geboue te restoureer en dan ook daar te woon nadat hulle die skrapse €1 vir die eiendom betaal het.

Efisio Arbau, burgemeester van Ollolai, sê dié eiendomme is so goedkoop om die dorp se “unieke tradisies te red” en “om te keer dat die tradisies én die dorpie in vergetelheid val”.

Ollolai (Foto: Instagram via gio.sanna1984)

“Ons is trots op ons verlede en dis waar ons krag lê. Ons was nog altyd sterk mense en ons sal nie ons dorpie toelaat om te sterf nie,” het hy gesê.

Arbau sê die meeste inwoners van die dorp – veral die jonger geslag – het oor die laaste paar dekades na die groter stede getrek omdat daar meer geleenthede is.

Hy sê hy hoop dat die nuwe inwoners die leë huise tot hul “vorige glorie” sal restoureer en is vol hoop dat dié nuwe inwoners ook nuwe werksgeleenthede sal skep – onder meer met die opening van restaurante of hotelle in die omgewing.

Volgens Italy Property Guides is Ollolai “onaangeraak” deur kommersiële bouers en ʼn “outentieke deel van Sardinië”. Meeste van die huise op die dorpie is gebou uit graniet.

Arbau sê twee huise in die distrik is reeds verkoop, en dat hy nog meer as 100 ander versoeke van reg oor die wêreld ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Graaf ·

Dis Sardinië in Afrikaans en Sardegna in Italiaans. Sardinia is Engels.

Tania Heyns ·

Dagsê Graaf

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms. Maroela Media

Fanie ·

Ons besit ons eie besigheid kan werk verskaf en ook die herstel werk van nuwe eienaars se huise vir hul doen. Ons doen waterdigting herstel van dakke alle verf werk algemene herstel werk en aanbouens.

VanAfrika ·

Kan al ons blanke Afrikaners die geleentheid kry om die dorp op te koop, afhanklik te verklaar en ons eie land stig. Dis n lekker gedagte

Ja asb ·

Ek het onmiddellik aan dieselfde gedink. Gee die dorp vir Suid Afrikaners wat nog hard kan werk en ‘n dorpie kan restoureer en ontwikkel en skole kan oprig en ‘n plek kan opbou .. waar almal veilig kan skoolgaan, veilig in hulle huise kan tv kyk en veilig by ‘n restaurant kan sit en eet …diegene wat nie meer met die afbrand en afbreek in SA kan saamleef nie. EK trek vandag soontoe.

CJ ·

@ Ja asb, ek hou van jou idee. Kom ons koop die hele dorp en bou vir ons kinders ‘n toekoms. Ons trek saam jou.

EK ook ·

Lol, gee ons details hoe om die plekkies te koop. Sal dit in n oogwink doen

Ella ·

Ria, die ander dorpies in Italië wat dieselfde gedoen het (al ‘n paar geleenthede oor die laaste 10 jaar of so) het telkens ‘n webwerf gestig waar jy dan elektronies kon aansoek doen. Ek het bietjie ge-Google om ‘n skakel te probeer vind, maar dis toe nie heeltemal so maklik nie (by ander geleenthede was dit wel). Dalk kan jy by die Italiaanse ambassade uitvind.

Jankees ·

Julle ouens wat wil koop, jul vergeet sekerlik, julle is nie burgers van die land nie!!!!

Blommie ·

Is pensioennarisse wat nog fiks en gesond is ook welkom daar. En sal ek my pensioen daar kan kry soos hier. Wat is die waarde van die koop in SA geld. :)

Natasha Swanepoel ·

Stel regtig belang hoe gaan ons te werk om meer inligting te kry en aansoek te kan doen?

Lynne Lexow ·

If the Italian government would to tell me that I’ll be allowed to live there permanently I’ll spend the R15 tomorrow!!! I am 54 years old but just built my own home, a renovation would be a breeze! We are creative and hardworking, they cannot make a mistake with us..

Alicia ·

Inligting oor hoe ek die huis kan koop, sal waardeer word.

Riena ·

Dit is maar net `n korttermyn oplossing. As daar steeds nie babatjies gebore word nie, is dit oor een geslag in presies dieselfde verknorsing as vandag. Presies wat hier by ons aan die gebeur is. Die verskil is net dat ons plattelandse dorpe nie spookdorpe word nie, maar oorgeneem word deur vreemdes. Ons moet eerder hier bou aan ons eie toekoms. Kry meer kinders en bou!

Mike Kaapstad ·

Wonder net hoekom restaurante oop maak as daar nie eers mense is om te werk of om die kos te betaal nie. Dit is heel aanloklik , my kinders sal saam gaan met gesinne , oor 10 jaar sal my gesin alleen 30 mense wees…………..

VanAfrika ·

Die blanke Afrikaner het al voorheen n land opgebou, ons kan dit weer doen, en die keer kan hulle dit nie van ons weg vat nie, soos voorheen het ons gekoop en niemand vermoor vir die grond nie.

Jan ·

Ek verstaan nie wat julle wil koop nie? Dit is vir Italiaanse burgers. Dink jy nou regtig hulle gaan in Europa toe laat dat mense in Afrika daar kan kom bly? Dan sal die hele Afrika maar mos net ‘n huis daar gaan koop vir 1€ en dan daar permanent gaan bly. Dit werk nie so nie.

ChrisE ·

Natuurlik sal die dorpie leegloop want al die Sardiniës kom elke winter hier op ons kus aan.

louis ·

Kan maroela media dalk n mail kontak stuur , om iemand daar te kontak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.