Kraai of gorilla? Video laat internet kopkrap

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn eienaardige kraai, wat soos ʼn gorilla lyk, laat sosialemediagebruikers kopkrap.

Volgens die BBC is die video deur Keitaro Simpson in Nagoya, Japan, verfilm. In die video lyk dit of die kraai op sy vlerke staan – wat dit byna soos ʼn aap laat lyk wat op sy voorarms staan.

Die video is wyd op sosiale media gedeel en is reeds byna 11 miljoen keer gekyk.

Simpson het aan Newsweek gesê hy was verstom deur die eienaardige verskynsel.

Dr. Kaeli Swift, wat in voëlgedrag spesialiseer, het op haar beurt gesê dit is moontlik dat die kraai bloot besig was om in die son te bak. “Voëls loop nie op hulle vlerke nie – die kraai is waarskynlik verfilm in die oomblik voor hy weer sy vlerke teruggetrek het.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

Julle sal verbaas wees wat mens met ‘n rekenaar kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.