Kraaie ruim op waar morsjorse rommel strooi

Argieffoto (Foto: couleur, Pixabay)

ʼn Pretpark in Frankryk het kraaie aangestel en die voëls geleer om klein stukkies gemors en sigaretstompies op te tel.

Kraaie word gereeld beskryf as van die slimste diere op die planeet. Die Puy du Fou-pretpark in Les Epesses het ʼn praktiese en doeltreffende gebruik vir dié intelligensie gevind.

Die kraaie is geleer hoe om sigaretstompies en ander klein stukkies rommel op te tel. Hulle laai dan die gemors af in spesiaal ontwerpte asblikke wat stukkies voëlkos uitdeel as beloning vir die voëls se harde werk.

Ses geveerde skoonmakers is aanvanklik ontplooi tydens ʼn proeflopie en nog meer voëls is vandeesmaand aangestel.

Lees meer: NY TimesThe Guardian, Science Alert

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wielie ·

Net jammer ons kan nie mense leer om gemors op te tel nie, dan sal ons dorp nie in so gemors wees nie.

Morsjorse ·

En so is die morsjorse sommer so tussen ons….
Was anderdag by n skole funksie. Op die kaartjies staan “geen eet en drinkgoed in auditorium”
Toe almal uitstap sien ek hoe lê die kerrie en rys bakkie, chips pakkies, coke blikkies en koffie glasies onder die ouers se stoele.
ONS SKOLE se ouers.
Sak my kop in skaamte.

My mening ·

Nou maak voels ons gemors skoon. Wonder wat se dit van ons?

Louis Lategan ·

Min mense besef watter skade kraaie aan die eco sisteem aanrig. Dit eindig dat hul skoonmaak. Kraaie uitheems aan Suid Afrika is besig om ons wonderlike voel populasie te plunder. Hulle eet eiers en klein voeltjies uit neste – dis hul hoof bron van voeding. Kraaie vermeerder teen n geweldige tempo en niemand doen iets daaraan nie. Verder pik hulle bv. pas gebore skaap lammers se oe uit. Miskien n slim voel ja maar hulle laat my altyd aan n slim geharde misdadiger dink.

Elsa ·

Louis, ek trek nie jou woord in twyfel nie. Wil dit net stel dat ek op n plaas groot geword het met honderde kraaie op en nooit gesien wat jy vertel. Vertel asb jou bron ? Ek weet Indian Minahs doen dit wel

Andrea ·

Miskien kan ons die Indiese Minahs (?) leer om al die plastiek en gemors hier by ons op te tel? Hulle is orals, in groot getalle en baie slim. En hier is baie gemors wat daagliks neergesmyt word in hierdie land…

IK ·

Om vullis op te tel in SA? Dankie tog ek is nie ‘n Indiese spreeu.

Avra ·

Kraaie is die slimste voël ter wêreld en Slovenia (land in Europa) se nasionale voël. Knap gedaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.