ʼn Sebravulletjie met kolletjies het tot groot opwinding gelei in die Maasai Mara-park in Kenia.
Daily Nation berig Antony Tira, ʼn bekende toergids en fotograaf in die Maasai Mara, het eerste ʼn foto van die “uiters seldsame” sebra, met kolle in plaas van strepe, geneem. Hy het aan die koerant gesê hy was “verward” toe hy die pasgebore sebra gesien het, en aanvanklik gedink hy is dalk geverf of gemerk vir migrasiedoeleindes. Hy het die vul “Tira” gedoop.
Volgens die National Geographic kan dit waarskynlik toegeskryf word aan pseudomelanisme, ʼn seldsame genetiese afwyking waar diere ʼn abnormaliteit in hul streeppatroon het.
Volgens die Daily Nation het die foto tot ʼn oplewing in toerisme na die park gelei. Honderde toeriste het reeds na die park gestroom in ʼn poging om die vulletjie te sien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Jou pragtige skattige dingetjie. En jou ma en sommer die hele trop.
So gaan die karnivore die outjie vining uitstof omrede hy gaan uitstaan in die trop of gaan hy strepe kry later waneer die kolle verdwyn?
“Something went wrong!!” haha dit is ‘n pragtige bambi/zebra’tjie
Aaaaag man te kostelik!!!!!!!!!!!!!!!!!
“Sal die skuldige asb een tree na vore gee!!”