Kyk hoe lyk dié 73-jarige nóú!

Joan MacDonald (Foto: TrainWithJoan/Instagram)

ʼn 73-jarige vrou van Kanada lyk glad nie soos wat jy dalk sou verwag van iemand van haar ouderdom nie. Joan MacDonald het altyd met oortollige gewig gesukkel en was op medikasie vir hoë bloeddruk, cholesterol en sooibrand – tot sy haar leefstyl verander het.

Drie jaar gelede het die 1,61 meter lange Joan ongeveer 89 kg geweeg. Sy is nou 22 kg ligter en het baie spiere bygekry danksy haar nuwe liefde vir die gimnasium.

Joan sê sy het drie jaar gelede nog gesukkel met erge artritis, geswelde enkels en kon byna nie trappe op of af loop nie. “Ek was moeg, emosioneel en het verandering dringend nodig gehad. Klink dit vir jou bekend?”

Joan se dogter Michelle het haar op ʼn dag in trane genader. “Sy het gesê ek moet ʼn verandering maak. As ek sou voortgaan op dié paadjie, sou my gesondheid net verder agteruitgaan en ek sou waarskynlik nog meer medikasie moet gebruik. Sy het aangebied dat ek saam met haar moet begin oefen.”

Joan het by ʼn aanlyn groep vir vroue aangesluit wat almal daaraan werk om hul gewoontes te verbreek en hulself op die beste manier moontlik te versorg. “Met die ondersteuning en hulp van Michelle en die span het ek my lewe 180 grade omgekeer. Ek het selfs vir die eerste keer geleer hoe om ʼn iPhone te gebruik! Ek het my gimnasium-lidmaatskap hernu, ʼn kosskaal en maatband gekoop en begin werk.

“Dit was ongelooflike harde werk, maar ek het nooit opgegee nie. My leuse was: ‘Ek gee nie om of die verandering stadig is nie. Ek gaan net my eie tempo volg en hierdie keer gaan die verandering vir die res van my lewe wees.’ Ek het dit regtig bedoel. Soos wat die maande verbygegaan het, het ek ʼn verandering begin sien. My gewig en die sentimeters het ​begin afval. Ek het al hoe meer vertroue in die gimnasium gehad. Ons het mekaar almal aangemoedig.”

Joan sê dis nou drie jaar later en sy is ʼn ander vrou. “Ek weet hoe om gebalanseerde maaltye voor te berei. Ek weet hoe om met vertroue in die gimnasium te beweeg. Ek is dol daaroor om met ander vroue en mans te gesels wat ook ʼn gesonder leefstyl kies. Ek het ʼn nuwe leefstyl wat my toelaat om ander te help en aan te moedig om dieselfde te doen. ​

“As jy ook wil verander kan ek jou waarborg dis nie maklik nie, maar dis alles die moeite werd. Ek hoop my storie gee vir jou die vertroue dat jy ook kan verander! As ek dit kan doen, kan jy dit ook doen.”​

Volg Joan op Instagram, Facebook en YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Foefie ·

Wow! DIS nou inspirasioneel. Wens ek het die “guts” gehad om dit ook te probeer

isabelle ·

en hier sit ek op 31 en is te sleg om net so bietjie om die blok te loop WEL GEDAAN OUMIE

Nell ·

Ou ma’ goodness! – dit herinner aan die advertensie van die ouma wat so flink verby die twee mans op straat draf en dié se verbasing… maar mooi só. Nog ‘n bewys dat ouderdom net ‘n nommer is. Ek hoop net tannie het genoeg stamina om met al die oefenry vol te hou.

Smurf ·

Van ons het doodgewoon nie die tyd vir gim nie……sou ook graag iets aan my fiksheid wou gedoen het.

zettie ·

dit wys net vir jou ons oues kan ook as ons wil. knap gedaan dit wil gedoen wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.