Kyk: Koeie kan vlieg!

Tien koeie naby die Klausen-pas in Switserland het vir die eerste keer gevlieg toe hulle deur middel van ʼn helikopter na meer toeganklike weiveld geneem is.

Die koeie was beseer en boere moes ʼn plan maak om hulle van die berg af, waar hulle in die somer wei, na veiliger weiveld te vervoer.

Die diere is toe met behulp van ’n gaasharnas met ’n kabel aan ʼn helikopter vasgemaak om deur die lug te vlieg. Die boere het van gidstoue gebruik gemaak om die koeie veilig te laat land voordat hulle verder met meer konvensionele sleepwaens vervoer is. Die res van die koeie het self die berg afgekom.

Jonas Arnold, een van die boere wat betrokke was, sê: “Dit was net ’n kort, rustige vlug. Ek het geen verskil opgemerk tussen die koeie wat gevlieg het en die wat van die berg af geloop het nie.”

Die groot rede vir die helikoptervervoer was dat van die weiveld nie met ʼn voertuig bereikbaar is nie; die ander rede was dat sommige van die koeie beseer was en nie self by die berg sou kon af nie.

Hy skerts dat hy nie die koeie gevra het hoe hulle ná die vlug gevoel het nie, maar sê dit was darem net ʼn kort entjie.

In totaal bestaan die kudde uit ongeveer 1 000 koeie – slegs 1% van die trop is dus per helikopter vervoer.

Die koeie is op pad na Urnerboden in Switserland vir die jaarlikse koeiparade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Mens moet maar versigtig wees om die goed te veel te bederf, een van die dae spring hulle saam voor in die bakkie!

Anel ·

Toe ons een jaar in Switseland met vakansie was, hier in 1971 is daar ook ‘n koei per helikopter vervoer. Maar dit was blykbaar ‘n koei wat siek was wat na die veearts moes gaan. Sy was in ‘n harnas met ‘n rooikruis op. Van die inwoners het vir ons die rede gegee. Was ook in die somer, Julie maand. Ons ouma het by ons gekuier en my pa het dit met die rolprentkamera af geneem. Die mense daar kyk mooi na hulle diere.

Pieter ·

Pragtige omgee. Die jaarlikse koeiparade is ook uitsonderlik. Sulke mense se menslikheid is beter. Daar vloei sekerlik geen riool in hul weivelde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.