Kyk: Pa se kostelike foto’s saam met sy dogters

Sholom Ber Solomon en een van sy dogters (Foto: sbsolly/Instagram)

Foto’s van ʼn pa wat die oulikste foto’s saam met sy twee dogters neem, word wyd op sosiale media gedeel en die pa word geloof vir sy kreatiwiteit.

Sholom Ber Solomon (40) van Kalifornië deel al sedert Oktober 2016 dié lawwe foto’s op sy sosiale media. Hy het reeds byna 320 000 volgelinge op Instagram.

Sholom het ʼn goeie sin van humor en beskryf homself as “ʼn entoesias van lawwighede”. Hy gee beslis nie om om grappige kostuums aan te trek en laf te wees saam met sy dogters nie.

Hy en sy vrou Carli se eerste dogtertjie is in September 2016 gebore.

Volg hom gerus op Instagram of Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Misky ·

Hoe oulik en kostelik is dit nie!!!!! My pa was ook so bok vir sports gewees, maar hy sou nooit die fotos op sosiale media gesit het nie. Daai dogters sal eendag besef watse juweel van n pa hulle het

Johan ·

Dit lyk baie oulik. Maar ek kan nie help om te wonder of hy dit vir sy kinders doen, of vir die aandag wat hy op sosiale media kry nie.

Antoinette ·

My skoonseun is ook so ‘n pa vir sy 7 en 5 jarige dogtertjies. Gee glad nie om om sy naels en lippe geverf te kry, of om ‘n balletopvoering te lewer nie.
Hy is 1.8 m lank so dis nogal iets om te sien.

Sandra ·

Dis te kostelik hoe hierdie pa al sy dogtertjies se avontuurtjies deel

Lynette ·

Pappa Sholom, eendag wanneer jou kinders self Al Groot is, is dit wat hul sal Onthou, nie al die duur presente nie, nee die mooi herinnerringe van jul oomblikke saam. Dit was soooo lekker om snaaks te sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.