Kyk: Selfs Siri dink Eskom maak nie reg

“Ja Siri, dit is nie mooi nie,” antwoord Leanne Manas in ‘n skermgreep uit die uittreksel van vanoggend se ‘Morning Live’ op SABC. (Foto: Leanne Manas/Twitter)

Selfs Apple se virtuele assistent Siri het gedink Eskom maak darem nie reg met Suid-Afrikaanse verbruikers nie, en soos almal weet, sy weet alles.

Leanne Manas, ʼn aanbieder van die SABC se oggendprogram Morning Live, het Vrydag ʼn skermgreep op Twitter gedeel waar Siri haar kommentaar oor die situasie by Eskom hard en duidelik gedeel het en dit het plaaslike Twitter-gebruikers behoorlik laat skater van die lag.

“Dit was ʼn klassieke oomblik in regstreekse uitsaaiwese. Ons het kykers gevra wat hulle dink van Eskom se beplande prysverhogings van bykans 16% op 1 April 2021.

“Ek en my mede-aanbieder Sakina Kamwendo was besig om die kykers se reaksies op Twitter voor te lees, en Siri wou graag haar gedagtes deel,” het sy gesê.

Manas het die Twitter-gebruiker @JuniorNangambi se twiet voorgelees waarin hy skryf dat Eskom te lank ʼn monopolie is. Hy glo ook politici het beleide geskep om te verhoed dat onafhanklike kragprodusente met dié staatinstelling kan meeding.

“Hulle het geweet wat hulle doen, maar die teiken was om te plunder sonder om na die toekoms te kyk. Nou het mense nie salarisverhogings gekry nie, maar al sy pryse word verhoog.”

Waarop Siri onmiddellik vanuit Manas se slimhorlosie laat hoor: “Dit is nie mooi nie”.

Kyk die uittreksels van die insetsel hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.