Kyk: Spinnerak-kombers in Australië ná oorstromings

Foto: u/jk409 op Reddit/Australia

Dae ná ʼn groot storm die suidooste van Australië getref en oorstromings veroorsaak het, sukkel inwoners steeds met kragonderbrekings en geboue wat beskadig is.

Toe die vloedwater egter begin terugtrek, het inwoners van East Gippsland in Victoria egter besef hulle is omring deur groot spinnerakke wat langs paaie, teen pale, padtekens, bome, plante en enigiets anders wat hoog of lank is, gespin is.

Die spinnerakke is só groot dat dit soos deursigtige nette lyk wat die grasvlakte bedek.

Die spinnekoppe het glo dié ingewikkelde spinnerakke gespin om van laagliggende dele af weg te kom en die vloedwater te vermy wat hul huise sou verwoes.

Volgens ʼn BBC-berig het kenners gesê die “gaasagtige sluiers” word veroorsaak deur ʼn oorlewingstaktiek wat as “ballonering” bekend staan, waar spinnekoppe sy versprei om hoër te kan opklim.

The Guardian berig die byt van die betrokke spinnekop is nie gevaarlik vir mense nie, maar dit kan geringe irritasie veroorsaak. Die kenner het gesê mense hoef nie bekommerd te wees nie, omdat die giftande van die spinnekoppe “waarskynlik te kort is om ʼn mens se vel binne te dring”.

Raadslid Carolyn Crossley, ʼn raadslid van Wellington Shire, is ʼn voëlkyker en sy het in die distrik rondgery, berig ABC News. Sy het gesê “baie besige spinnekoppe” wat van die vloedwater wou vlug het die spinnerakke geskep. Sy het ʼn video op haar Facebook-blad gedeel. “Ek kon myself nie help as om hierdie gaasagtige web wat in die wind wapper te deel nie,” het sy gesê en inwoners versoek om die vloedverligtingsfonds te ondersteun.

Couldn’t resist sharing this gossamer web billowing in the breeze.This has obviously gone viral. So please consider donating to the Gippsland Emergency Relief Fund.https://www.facebook.com/gippslandemergencyrelieffundWe can see mother nature can be beautiful but she can also be destructive. As we only know to well as the floods and the hurricane like winds ripped though Gippsland last week. Inundating homes, disrupting farms and businesses and some 300 homes are still without power.

Posted by Carolyn Crossley on Monday, June 14, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AH ·

Nog ‘n voorbeeld van die wonderlike natuur al is dit ietwat grillerig….

Patch ·

Ek kom iets oor. Gril my dood vir spinnekoppe. Ek onthou die film Kingdom of the Spiders, ek dink vandaar my grillerigheid vir spinnekoppe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.