Kykers krap kop oor watter dier hulle in dié prentjie sien

Die optiese illusie wat Tom Hicks op Twitter gedeel het

Optiese illusies is ʼn interessante manier om te wys dat jou oë jou soms om die bos kan lei. Sommige optiese illusies kan glo selfs ʼn aanduiding wees van watter deel van jou brein jy gebruik wanneer jy na ʼn prent kyk.

Met die eerste oogopslag lyk dit of dié beeld slegs ʼn collage is van psigedeliese patrone, maar as jy nader kyk, kan dit dalk meer onthul.

Gebruiker Tom Hicks het dié optiese illusie reeds in November 2021 op Twitter gedeel, maar dit doen weer die ronde op sosiale media. Volgens hom sal jy óf ʼn kat óf ʼn Amerikaanse eland tussen die krulle sien.

Volgens kennis is ons óf linkerbrein óf regterbrein, met die een kant wat meer dominant is as die ander. Linkerbreine is glo meer analities en metodies, en regterbreine gewoonlik meer kreatief en kunssinnig.

Volgens Hicks dui die dier wat jy sien op watter kant van jou brein meer dominant is, alhoewel hy nie ʼn aanduiding gee wat die antwoord is nie. Katte is wel meer onafhanklike, kreatiewe diere en die Amerikaanse eland is ʼn groot, statige kreatuur wat baie stadiger as katte beweeg.

Kykers is verstom oor wat hulle sien. Sommige is oortuig dat hulle ʼn kat sien, maar ander meen hulle sien beslis ʼn Amerikaanse eland. Daar is natuurlik ook ʼn groep wat niks buiten sirkels sien nie en ʼn klein groepie wat aanvoer hulle kan albei diere raaksien.

@Brunergary1 skryf: “Ek het waarskynlik ʼn gebalanseerde brein. Ek sien niks nie.” Katliefhebber @meow_catface kon ook nie iets sien nie: “Ek sien niks nie, selfs met my vooroordeel vir katte!” Meeste kykers dui aan dat hulle beslis ʼn kat sien.

Dit blyk dat mens makliker die dier kan sien as jy op ʼn kleiner skerm soos ʼn selfoon daarna kyk eerder as ʼn groot rekenaarskerm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

B-Man ·

Het eers gedink “ratel”. Maar toe ek Pierre se beskrywing lees is dit vir my in die kol.

piet ·

Definitief nie ‘n kat of ‘n “moose” nie. dalk is daar iets fout met my oe. Snaaks genoeg, kon niks sien met die groter foto nie maar dadelik met die kleiner foto.

piet ·

Lyk vir my soos ‘n koala-beertjie maar sonder die groot snoet en pofferige ore. Een of ander groterige knaagdier ook miskien.

blia ·

Ek het heeltyd net die patrone gesien, tot ek so 2 of 3 meter terug beweeg…’n kat so duidelik soos daglig.

Koos 100 ·

Ek het seker geen brein nie, want hoe ek ookal kyk sien ek geen dier nie!

Bont ·

Sit jou foon plat op jou palm van jou hand en dan kan jy die prent sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.