Kylie-foto op Instagram onttroon

Die eier-foto wat die meeste “likes” op Instagram het (Foto: Instagram)

Kylie Jenner se baba-aankondiging het vir amper ʼn jaar lank die top-posisie op Instagram behou as die foto wat die meeste trefslae nóg op dié sosialemediaplatform gekry het, maar nou is Jenner deur ʼn onverwagse wenner onttroon.

Jenner, ʼn Amerikaanse TV-persoonlikheid en model, het op 6 Februarie 2018 ʼn foto op Instagram geplaas van haar baba se handjie wat haar vinger vashou, en dié foto het meer as 18 miljoen trefslae gekry.

Op 4 Januarie vanjaar het ʼn onbekende persoon ʼn foto van ʼn eier – net ʼn doodgewone hoendereier – op Instagram gelaai, en dié foto het tot dusver al meer as 24 miljoen trefslae gekry. Dit maak dié foto amptelik die bekendste foto op Instagram.

Die onderskrif van die eier-foto lui: “Kom ons stel ʼn wêreldrekord op om die meeste trefslae op ʼn Instagram-plasing te kry. Kom ons steek Kylie Jenner verby, wat tans die rekord hou met 18 miljoen trefslae. Ons kan dit doen!”

Wie die foto opgelaai het, hoekom dit opgelaai is, en of die foto wel ʼn wêreldrekord bereik het, is nog onbekend.

Kylie Jenner se babafoto wat vir amper ‘n jaar die meeste “likes” op Instagram gehad het. (Foto: Verskaf)

Jenner het in reaksie op die eier-foto, ʼn tong-in-die-kies video van haarself op Instagram gedeel waar sy ʼn eier op die vloer breek. “Vat so, klein eiertjie,” het sy by die video geskryf.

Die eier is die enigste foto onder die top-20 foto’s met die meeste trefslae op Instagram wat in die niemenslike kategorie val. Die res is almal menslik, babaverwant en doodverwant.

Jenner se babafoto neem nou die plek van die tweede bekendste foto op Instagram in, terwyl Justin Bieber se verlowingsaankondiging aan die model Hailey Baldwin die derde plek inneem met 13,4 miljoen trefslae.

In die vierde plek, is XXXTentacios, die Amerikaanse kletsrymer se laaste foto voor hy op 20-jarige ouderdom dood is met 13,3 miljoen trefslae. Jenner beklee nóg ʼn posisie in die top-vyf met ʼn tweede foto van haar dogter wat 13,1 miljoen trefslae gekry het.

Die tien top-Instagram-foto’s lyk só:

  1. Eienaar onbekend – foto van eier (24,6 miljoen)
  2. Kylie Jenner – eerste foto van dogter (18,3 miljoen)
  3. Justin Bieber – verlowing aan Hailey Baldwin (13,4 miljoen)
  4. XXXTentacios – laaste foto voor sy dood (13,3 miljoen)
  5. Kylie Jenner – tweede foto van dogter (13,1 miljoen)
  6. Ariana Grande – foto van Mac Miller ná sy dood (12,8 miljoen)
  7. Cristiano Ronaldo – Kersfees foto saam met familie (12,8 miljoen)
  8. Cristiano Ronaldo – Juventus-aankondiging (12,3 miljoen)
  9. Kylie Jenner – Foto saam met haar dogter (12,3 miljoen)
  10. Kylie Jenner – Foto saam met haar dogter (11,9 miljoen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

verstom ·

Selfs as jongmens sukkel ek om te verstaan hoekom daar sulke “kompetisies” moet wees…wat van..”kom ons kyk hoeveel miljoen brode ons kan versprei na die armes”

Johan de Beer ·

Die wêreld raak die kluts kwyt. Wat is dit met die beheptheid oor ander mense? Wie is hierdie Jenner? Wat het sy behaal, bereik of vermag om al hierdie aandag en gevolg te regverdig? En dieselfde gaan vir die res op die lys. Belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.