Die wêreld se langste man, Sultan Kösen van Mardin, Turkye, en die kortste vrou in die wêreld,Jyoti Amge van Indië, het mekaar ontmoet.
Die twee het mekaar Saterdag in Egipte ontmoet tydens ʼn geleentheid wat deur die ministerie van kultuur van dié land gereël is.
Kösen, 2.51 m lank, ʼn 36-jarige boer, en Amge (25), slegs 62 cm lank, het mekaar by die gewilde Gizah-piramide ontmoet as deel van die geleentheid om toerisme in Egipte te bevorder. Talle toeriste wou natuurlik ook graag foto’s saam met dié twee persone neem.
Volgens ʼn verklaring wat die ministerie uitgereik het, was dit Kösen se eerste besoek aan Egipte. Kösen en Amge sal ook die Kaïro-toring, Tahrir-plein en die Egiptiese museum besoek oor die vier dag lange reis deur die land.
Kösen en die wêreld se kortste man, Chandra Bahadur Dangi, het mekaar in November 2014 in Londen ontmoet. Dangi (74), van Nepal, is slegs 55 cm lank.
Lyk amper of sy in sy skoen kan pas……….