Lasbrief vir koningin Elsa van ‘Frozen’ uitgereik

Grafika: Seymour-polisiedepartement, Facebook

ʼn Polisiedepartement in Indiana, Amerika, het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik vir koningin Elsa van die fliek Frozen.

Volgens die lasbrief word sy gesoek vir ʼn “ysige koue” in verskeie dele van die land. Die Seymour-polisiedepartement versoek die publiek om hulle te help om die koningin op te spoor, omdat sy as “ʼn algemene las” beskou word.

“As jy dalk weet waar sy haarself bevind, kontak ons asseblief so vinnig as moontlik, ons is yskoud!” het die departement verlede Vrydag op sy Facebook-blad geskryf. “Bestuur ook baie versigtig en versorg diere wat buite bly. Baie dankie en ʼn veilige aand vir almal!”

Elsa word beskryf as ʼn 21-jarige vrou met blonde hare en blou oë, en sy weeg ongeveer 120 pond (54 kg).

Dié grappige inskrywing is ʼn teken van die ysige winter wat die noordelike halfrond tans beleef. Drie haaie is dood aangetref weens die ysige koue water in Cape Cod, Massachusetts. Die Calgary-dieretuin in Alberta, Kanada, moes hul pikkewyne na binne verskuif, aangesien hulle nie die temperatuur van minder as -25°C sou kon hanteer nie. Indianapolis verwag die komende temperatuur van -5°C en -7°C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KNERTS KOUD ·

Regtig, as jy jou pikkewyne in moet bring is dit regtig koud.

Sophia ·

Dis nou bietjie verblywende nuus dat daar gesoek word na haar. Sy bevind haar tans in duisende kinderkamers in ons land.

Wonderlik ·

Maroela media dis nou regtug vreeslik Oulik na al die negatiewe nuus gooi julle ñ grapie by die vreeslik goed baie dankie daarvoor julle vedien ñ madalia 150%but julle

Ander Annie ·

Dit is absoluut briljant. Elsa kan dalk vir ons bietjie koelte skep met ons hitte golf. Sterkte met die ysweer Amerikaners.

Rina Kotze ·

Queen Elsa kan maar Kaap toe kom! Ons het die sneeu BAIE NODIG!!!

Dankie Maroela, mens het bietjie Humor ook nodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.