Lego-stukkie kom twee jaar later uit seun se neus

Sameer Anwar (Foto: Mudassir Anwar)

ʼn Lego-stukkie het uit ʼn sewejarige seun se neus geval byna twee jaar ná die verdwyn het.

Sameer Anwar van Dunedin in Nieu-Seeland het in 2018 aan sy ouers gesê hy het ʼn Lego-stukkie in sy neus opgedruk. Sy pa, Mudassir Anwar, het aan die New Zealand Herald gesê hulle het probeer om die stukkie op te spoor, maar kon dit nie vind nie.

Hulle het hom uiteindelik na ʼn dokter toe gevat, maar hy kon ook nie die klein stukkie sien nie. Die dokter het gesê Sameer het dalk nie die stukkie in sy neus opgedruk nie, en as hy dit wel gedoen het, sal dit waarskynlik in sy spysverteringskanaal beland en dit sal natuurlik passeer.

Die vermiste Lego-stukkie (Foto: Mudassir Anwar)

“Sedertdien het hy nog nooit oor enigiets gekla nie,” het Anwar bygevoeg en gesê die gesin het grootliks daarvan vergeet.

Toe hy Saterdag egter ʼn pyn in sy neus kry ná hy aan kolwyntjies geruik het, het hy vir sy ouers gesê hy dink hy het krummels ingesnuif. Sy ma het hom gehelp om sy neus te blaas en toe kom die vermiste Lego-stukkie uit.

Volgens sy pa was Sameer se oë groot en hy het gesê: “Mamma, ek het die Lego gekry! Julle het gesê dit is nie daar nie, maar dit was!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

My seuntjie het n stukkie skuimrubber in sy neus opgedruk. Ons het niks geweet en toe op n stadium kon ons nie meer sy vrot asem hanteer nie en is dokter toe. Die gp kon niks kry en ons is spesialis toe, wat die stukkie toe chirurgies moes verwyder.

katerinadiekat ·

Ek het n grondboontjie in my neusgat gedruk toe ek n klein klein dogtertjie was. My seun het brood by sy neusgat opgedruk toe hy klein was. Ons moes hom dokter toe vat om dit uit te kry. My ma het my grondboontjie self uitgekry. Kannie onthou hoe nie. Dit was ongeveer 1969, so dalk het n harde klap teen my agtergekop gewerk:-)))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.