Leibande vir katte sal binnekort, net soos vir honde, verpligtend wees indien ʼn stadsraad in Alaska se aanbeveling goedgekeur word.
Pat Porter, burgemeester van Kenai in Alaska, en raadslid Tim Navarre het dié wet voorgestel ná klagtes ontvang is van inwoners oor rondloperkatte. Die Peninsula Clarion berig katte word nie genoem op die lys van diere wat volgens die huidige maatreëls aan ʼn leiband vas moet wees nie.
Die voorgestelde ordonnansie verwys na klagtes oor die impak van die getal katte op die Kenai-diereskuiling se hulpbronne. Rick Koch, stadsbestuurder van Kenai, het gesê hulpbronne vir die skuiling is voldoende. Hy het gesê hy sal die data ondersoek en bepaal of ander Alaska-gemeenskappe soortgelyke wette het.
Sommige inwoners is besorg oor nakoming van die wet en of dit ʼn ekstra las sal plaas op dierebeheer-hulpbronne.
Die verhoor en stemmery vind op 5 Oktober plaas.
Volgende is “your Moose is Lose”…
Ek verstaan nie hoekom dit nie oral wet is nie.
Stem saam met jou my kat is op n leiband.
Katte aan leibande? Verskoon my onkunde – is kat se kind nie maar juis ‘n viervoet wat ‘n tikkie vryheid moet hê nie?
Nee katte moed ook soos honde behandel word.Katte jaag ons pragtige geveerde oukies rond.My kat is op n leiband werk soos n bomb.
Dis nou die belaglikste idee wat ek in ‘n lang tyd teëgekom het. Hulle weet ooglopend niks van katte af nie.