Lekker lag vir 11-jarige se Kersfees-wenslys

Skermgreep uit die video

ʼn Ma het ʼn grappige video van haar dogter se Kersfees-wenslys op TikTok gedeel en kykers lag lekker vir die tipe geskenke wat die 11-jarige gekies het.

Die lys is drie bladsye lank – met ʼn lys van toptien-keuses op die derde bladsy. Sinterklaas gaan egter sy hande diep in sy sakke moet steek as hy van dié wense wil vervul.

Die ma, aktrise en podsending-uitsaaier Sara Foster, het die grappige lys gedeel met die byskrif: “Dis hoe dit lyk as jy as ʼn ouer misluk het.”

Foster sê toe sy 11 jaar oud was, het sy vir ʼn Cabbage Patch-pop gevra en geskerts “my 11-jarige is blykbaar 35.”

Daar is ʼn paar versoeke wat meisies van dié ouderdom gewoonlik wil hê, soos klere van Brandy Melville en nuwe tekkies. Maar die lys sluit ook ʼn paar peperduur geskenke in soos Dior Addict Lip Glow Oil, ʼn Vivienne Westwood-hangertjie, Miss Dior-parfuum en Marc Jacobs-parfuum.

Op die toptien-lys is Marc Jacobs se Daisy-parfuum, wat sowat R1 200 kos, gevolg deur Miss Dior-parfuum (ook ongeveer R1 200). ʼn Mini Prada-handsak (vanaf R14 000) gevolg deur twee Dior-lipprodukte. Op die lysie is ook rooi Converse-tekkies, lakens, die Vivienne Westwood-hangertjie, ʼn paar uitrustings en natuurlik ʼn nuwe iPad.

“Ek het gedink dis oulik,” sê die ma toe sy die eerste keer die lys gesien het. “Ek het nie besef dis drie bladsye lank nie. Wat is hierdie? Is dit ʼn nuwe neiging? Waar kom dit vandaan? Dis heeltemal mal.”

Kykers lag lekker vir die video. “Sy is heeltemal redelik,” skerts een kyker. “Ek wil ook graag ʼn mini Prada-handsak hê,” skryf ʼn ander. “Dis tyd om haar oor geld te leer!” skryf nog iemand. “Toe ek 11 jaar oud was, wou ek net die nuutste Barbie hê en ek het gedink dis baie.”

@sarasadmomfoster

This is what failing as a parent looks like.

♬ original sound – Sara Foster

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

kinders wat te ryk groot word ken nie die waarde van geld nie

Suzette ·

Dit is nie snaaks nie. Dit is ontstellend en hartseer. Om as 11jaar klaar geldgierig te wees, kan mens sien dat sy dalk klaar nie nederig as volwassene gaan wees nie en net gaan aanvaar dit moét. Alhoewel geld nodig is om te oorleef vandag, is dit definitief nie dit wat ‘n kind nodig het om liefde aan hom/haar te bewys nie. Ongelukkig wil dit voorkom asof die kind klaar te maklik gekry het. Net my opinie, nie noodwendig die waarheid nie.

Filistyn ·

My word. Mamma, jou moeilikheid het so pas begin. Sterkte – jy sal baie vinnig aan jou kind se waardes moet begin werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.