Lekker werk! Proe sjokolade vir ‘n lewe

Argieffoto (Foto; congerdesign/Pixabay)

As jy ʼn soettand het en lief is vir sjokolade, is hierdie dalk die werk waarvan jy nog net kon droom.

Mondelēz International wat Cadbury, Milka en Toblerone-sjokolade vervaardig, is op soek na vier deeltydse werknemers om sjokolade te proe.

Die maatskappy vervaardig ook Oreos en Chips Ahoy! en nie-sjokoladehandelsmerke soos Ritz, Sour Patch Kids en Trident.

Volgens die posadvertensie is Mondelēz op soek na “iemand met ʼn passie vir soetighede” om nuwe produkte te toets en eerlike terugvoer te gee. Aansoekers wat die aanvanklike fase slaag sal aan verskeie “sjoko-uitdagings” onderwerp word om te bepaal of hulle klein verskille kan proe tussen die verskillende soetighede.

Alhoewel die aansoekers nie noodwendig ʼn soettand hoef te hê nie, is die werk darem nie só veeleisend dat dit jou aptyt sal bederf nie. Jy werk slegs agt ure per week. Die pos is ongeveer 60 km buite Londen in Wokingham, Engeland geleë. Geen melding word gemaak van burgerskapvereistes nie. Geen ervaring is nodig nie.

Nuwe werknemers sal ongeveer £10,75 (nagenoeg R200) per uur betaal word.

Die maatskappy het verlede jaar ongeveer 6 000 aansoekers van oor die wêreld heen ontvang vir ʼn soortgelyke pos.

Jy kan hier aansoek doen vir die werk (die sluitingsdatum vir aansoeke is 8 Maart 2019). As jy nie binne 14 dae ná jou aansoek iets van die maatskappy hoor nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek nie suksesvol was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cora Simpson ·

Vir ‘n “choc-a-holic” soos ekke is dit darem die mees fantastiese werk ooit!! Goed dis net ‘n droom maar om te dink ek hoef nie kos te eet nie, maar sjokolade. Glo my ek eet minstens elke twede dag sjokolade en net die beste soos Lindt, E hou glad nie van olierage sjokolade nie. Enige iemand hier wat ‘n werkie het? ( ek is 77 jonk)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.