Lekkernymasjiene vir apies by Berlyn-dieretuin

Gorilla by een van die lekkernymasjiene

Gorilla by een van die lekkernymasjiene (Foto: Berlynse dieretuin)

Vyf outomasjiene is in hokke by die dieretuin in Berlyn geïnstalleer vir hongerige apies wat op soek is na iets te ete.

Die masjien bied ʼn spesiale uitdaging aan gorillas en ander ape en hulle moet geduld, eerder as geld, gebruik om die kos uit die masjien te kry, het Andre Schuele, veearts by die dieretuin, gesê. “Hulle gebruik stokkies om die korrels stukkie vir stukkie tot by die uitgang te ‘vervoer’,” het hy verduidelik.

Dieretuinbewaarders besluit deur middel van ʼn interval-tydhouer wanneer die lekkernye beskikbaar gestel word. “Met behulp van ʼn afstandbeheer kan ons die diere die hele dag lank besig hou,” het Schuele bygevoeg.

Die kos wat die diere deur die lekkernymasjien ontvang, word van hul daaglikse rantsoen afgetrek, so daar is dus nie ʼn risiko dat die diere gewig sal optel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zeebs ·

Ek sien al hoe wip die gorilla hom omdat hy gaan sukkel om die lekkernye te kry….hou maar Tim Noaks se dieet naby vir ingeval hy die ding oop kry en alles verorber!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.