‘Liggaam’ in oprit het bure op hol

Dié Halloween-versiering het tot talle oproepe aan die plaaslike polisie gelei. Foto: Facebook via Greene County TN Sheriff’s Department

ʼn Oënskynlike liggaam van ʼn man wat in ʼn huis se oprit onder ʼn motorhuisdeur vasgevang is, het vandeesweek paniek in Greenville in Texas in die VSA veroorsaak.

Die “liggaam” lê met sy voete aan die straat se kant en dit kom voor asof die man se skouers onder die motorhuisdeur vasgevang is. Rooi merke wat soos bloed lyk kan op die wit motorhuisdeur gesien word. Die Amerikaanse nuusagentskap CBS News berig die plaaslike polisiestasie is oorval met oproepe van bekommerde inwoners wat die liggaam by die polisie wil aanmeld.

Die “liggaam” is egter nie ʼn misdaadtoneel nie, maar bloot vroeë Halloween-versiering wat baie realisties voorkom.

Die owerhede moes hulle uiteindelik tot sosiale media wend in ʼn poging om die paniek te laat bedaar. Die plaaslike polisiestasie het op sy amptelike Facebook-blad geskryf: “Aandag almal! Vir die mense wat op Chuckey Pike in Greene County ry: Dit is Halloween-versiering! Moenie 911 bel en ʼn liggaam aanmeld nie. Wens eerder die huiseienaar geluk met die uitstekende uitstalling.”

Halloween word op 31 Oktober in die VSA gevier.

Joseph Lovergive, die huiseienaar, het aan die nuuskanaal WJHL gesê sy familie is dol oor Halloween en begin altyd vroeg hul versiering aanbring. “Ek het gedink dit lyk so eg en dit was soveel pret, en ek hoop mense neem nie aanstoot daardeur nie,” het hy aan die nuuskanaal gesê. Lovergive het gesê dié versiering is een van baie uitstallings wat hy vir Halloween beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pop ·

Kom woon hier dan sal julle nie dink dis n oulike versiering nie. Hier is dit n werklikheid om lyke te sien.

Renà ·

In Suid Afrika maak ons nie sulke grappe nie. Want hier gebeur sulke goed werklik dat mense in hul motor opritte doodgeskiet word.

Rain ·

Na my mening is dit ‘n siek ‘versiering’ maak nie saak waar in die wêreld jy bly nie. Die huiseienaar verdien glad nie enige gelukwensing daarvoor nie – hy het dalk eerder hulp nodig!!

Susan ·

Dit is siek!!!!! Weet nie hoe hul Halloween kan vier nie… ons beleef Halloween op ñ daaglikse basis.

madels ·

Uiters siek! Hoe kan enigiemand in sy gesonde verstand dink dat dit nou n oulike uitstalling is!?? Die halloween uitstallings raak al hoe erger…

LMF ·

Ek stem saam dit is siek maar en ek sê maar as n paar boere so uitstalling by hul huise neerlê gaan daai skelm 2keer dink voor hy n voet verder sit ek sê maar net

Net maar ek ·

Dit is geen wonder dinge gaan sleg daar, met hulle HALLOWEEN viering. Dit is uit die Bose.

Jay ·

Ag asb man ek woon in die VSA en Halloween is een van my gunsteling vakansies hier. Om die kreatiwiteit the sien wat mense voorendag kom. Daar is niks boos aan dit nie mense soos jy moet altyd negatief wees om ander se pret weg te neem. Ek onthou as ‘n kind elke keer as ‘n nuwe cartoon op tv was het ou tannies en oom weer begin met “dit is duiwels moet nie laat julle kinders dit kyk nie” as mens so aangaan moet jy oog klappe dra en jou ore altyd toe druk want in die wereld gaan jy niks mag sien nie.

anton ·

Jay, duidelik weet jy nie veel van Halloween nie!
Gaan lees bietjie na oor dit en dan sal jy dalk sien dat dit gladnie so onskuldig is, as wat jy mag dink nie.
Gebrek aan kennis maak dat mense dinge doen en se sonder dat hulle werklik besef wat hulle eintelik doen. Tragies!!!

Johnny is nie dood nie ·

Ag maar julle is ‘n klomp suurknolle – ek dink dis goed gedoen!

LB ·

goeie plan, ek gaan vir my so ‘n dummy maak om die inbrekers weg te hou : )

Vermeende ·

As daai veriering in SA gemaak en neergele is dan was sy klere lankal gesteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.