Linkshandige pianis bestee £28 000 om klavier se note ‘om te keer’

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Chris Seed, wat linkshandig is, het besluit om ʼn verband op sy huis te neem sodat hy £28 000 kon bestee om ʼn klavier te bou wat sy dominante hand sal akkommodeer.

Die meeste bladmusiek is so geskryf dat die melodie met die regterhand gespeel word – dit wil sê, dat die mees ingewikkelde dele van die musiek met die regterhand gespeel moet word. Maar hoe gemaak as jy linkshandig is?

Dit is juis om dié rede dat Seed die Nederlandse klaviermakers, Poletti en Tuinman, genader het om ʼn klavier te bou met “omgekeerde note”. Waar mens middel-C na G met jou regterhand na regs sal speel op ʼn standaardklavier, sal jy op dié klavier middel-C na G met jou linkerhand na links speel.

Maroela Media het vlugtig met ʼn linkshandige pianis gesels en dié meen sy moes van kleins af leer om haar “swakker” hand beter te gebruik.

“Ek het altyd kritiek gekry dat my basnote te hard gespeel word. Ek moes my dominante hand leer om sagter te speel. Ek dink dit sal interessant wees om te sien of ʼn linkshandige persoon meer “natuurlik” sal speel indien hy op dié klavier speel. Ek ondersteun hierdie idee – die meeste dinge word in elk geval vir regshandige mense gemaak en ons linkshandiges moet altyd aanpas,” skerts sy.

Laat weet gerus wat jy dink van dié idee. Sal jy as linkshandige ook eerder op so ʼn klavier wil speel?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mozart ·

Dis nou aandag soek, hoeveel linkshandiges speel op ‘n gewone klavier, en het die afgelope honderde jare dit so gedoen? Hy het of te veel geld, of kry te min aandag.

Sulet ·

Ek verbeel mens kry reeds klaviere met die note wat omgekeerd is, maar seker net in Europa en ook baie duur?

Chantelle Connoway ·

Ek is links handig en op skool het onderwysers moed opgegee met my om te leer brei en naaldwerk doen omdat ek links is – ek sukkel met n sker en eet anders om met n mes en vurk
ek sal daarvan hou as meer dinge links is om my te help al doen ek dinge soos enige ander mens,
ek dink nie dis aandag soek nie en as jy die geld het hoekom nie hoekom nou lelik wees daaroor, ek sou dit ook doen

Ronel ·

My oudste seun is ook links en dis torture om te kyk hoe hy sekere goed doen. Soos om ‘n blik oop te sny. Selfs met ‘n elektriese blikoopmaker is dit nag! Linkshandige mense is nou maar eenmaal uniek, maar ek verstaan julle frustrasies. hy het selfs ‘n leftiepen opgespoor, want klaarblyklik is die greep van ‘n linkshandige grieks vir meeste skole se sisteem. Hulle verstaan nie dat julle die pen stoot teenoor regshandiges wat die pen trek nie. Dus word linkshandiges gedwing om sy pengreep te verander en sodoende kan hy nie sien waar hy skryf nie, want die duim verberg die lyn… Daar is nog so baie ander goed wat linkshandiges strem, maar die blokkie is te klein om dit oor te vertel.

Rudi ·

En hoe nou gemaak vir hoe die musiek geskryf is? Moet als nou omgedraak word vir bas ba regs?

Valerie ·

Hoekom nou maar nie net agter die ding staan en oorhang en speel nie, en kry iemand anders om die pedale te trap. (Ja, ek weet dit is simpel). Daar, baie geld gespaar. Sal nogal goed lyk op X-Factor of so iets. Maar of die artikel nuus is? Glo nie.

thelsa ·

Mens kry reeds linkshandige handgereedskap soos ‘n skroewedraaier, hamer, tang, saag ens . . Lol

Estelle ·

Ek is ook linkshandig en bespeel die klavier al vandat ek in die laerskool was. Bladmusiek is nie n probleem vir my nie. Ek skryf links maar kan ook sekere goed regs doen. n Mens pas aan soos jy leer. Ek gebruik wel n linkshandige sker want dit is nogal moeilik om n sker vas te hou vir iemand wat regs is. Dieselfde vir wanneer n mens n mes gebruik om te sny want die skerp kant is vir iemand wat regs is.

Nico ·

Ek het ‘n linkshandige kitaar. Moet spieëlbeelde kan lees om koordprogressies aan te leer. As die pianis die behoefte en die fondse het : go for it. You only live once.

tess ·

ek is linkshandig, en ek dink in vandag se tyd, Kan daar meer vir ons voor gesien word. Mense wat nie linkshandig is nie, besef nie hoe moeilik sommige goed kan wees om te doen nie.
En linkshandige toestelle/goedere is ook belaglik duur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.