Loop oor dié glasvloer, 100 verdiepings hoog

Edge at Hudson Yards in New York (Foto: Eli Parry/Edge)

Toeriste sal binnekort New York kan beleef soos nog nooit vantevore nie, danksy ʼn nuwe uitsigdek, byna 350 meter bo die grond.

Edge at Hudson Yards, die buitelug-waarnemingsdek, is 100 verdiepings bo die grond en bied ʼn panoramiese uitsig oor die stad se wolkekrabbers.

Hudson Yards is die hoogste buitelug-waarnemingsdek in die westelike halfrond. Jason Horkin, direkteur van Hudson Yards Experiences, sê die dek het verskeie “adrenalien-elemente”, insluitend ʼn glasvloer wat duiselingwekkende selfies sal verseker.

Glasmure, wat 2,7 meter hoog is, vorm ʼn hoek sodat besoekers daarteen kan leun vir ʼn ekstra angswekkende ervaring.

ʼn Sjampanjekroeg op die 100ste verdieping van Edge at Hudson Yards sal drankies en snoepgoed aanbied.

“Jy het New York nog nooit só beleef nie,” sê Horkin. “Dit sal voel of jy op lug loop.”

Edge maak sy deure oop op 11 Maart 2020 en kaartjies is beskikbaar op die webwerf. Kaartjies kos tussen $36 (ongeveer R520) en $56 (ongeveer R814) vir volwassenes as jy dit aanlyn koop.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jasef ·

Soveel fantastiese gebou hier, maar kan nie wag vir die een nie! Take my money!

Jiem ·

Met my erge hoogtevrees dood ek sewe maal as ek op daai dek moet beland.

Ana ·

Wens ek kom dit sien maar Met die Rand sal jy nooit dit sien nie.

Cora Simpson ·

Raak sommer so hol op my maag. Dis nogal “scary”

Penellope Jones ·

Nee dankie.
Ek persoonlik sien nie die nodigheid daarvan nie.

nannie ·

Kyk dit is baie mooi, ek met my hoogtevrees, nee dankie. Hier waar ek die fotos gekyk het, het ek al klaar n hol kol op my maag en koue rillings van banggeit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.