Lugdiens laat vaar rompe en hoëhakskoene

(Foto: SkyUp Airlines/Facebook)

ʼn Laekostelugdiens in Oekraïne het sy ou uniform van hoëhakskoene en nou rompe vir vroulike personeellede laat vaar vir ʼn gemakliker alternatief.

SkyUp Airlines, wat in 2016 tot stand gekom het, is een van die jongste laekostelugdienste in Oekraïne, maar reeds een van die grootste. Die lugdiens sê hy gee aan sy bemanningslede die opsie om aan boord tekkies en langbroeke te dra nadat hulle besef het vroulike werknemers is “keelvol vir hoëhakskoene, nou rompe en stywe bloese”.

“Mens is 12 ure op jou voete op ʼn vlug van Kiëf na Zanzibar en terug. As jy hoë hakke dra, kan mens kwalik na die tyd loop,” het lugwaardin Daria Solomennaya (27) aan die BBC gesê. “Dit sluit vier ure in by sekuriteitspunte en skoonmaakwerk.”

Sy sê talle van haar kollegas is ook permanente kliënte van voetheelkundiges. “Hul tone en toonnaels word deurlopend deur hoë hakke beskadig.”

Buiten die gesondheidskwessies is daar ook probleme met nou rompe en hoëhakskoene.

Lugwaardinne moet soms jaag om ʼn uitgang oor ʼn vlerk oop te maak as ʼn vliegtuig ʼn noodlanding moet uitvoer oor water. In dié gevalle moet hulle soms oor passasiers klim. “Stel jou voor hoe ek dit in ʼn nou romp gedoen gaan kry.”

SkyUp het ʼn welkome verandering aangekondig. Die lugdiens se passasiers sal binnekort ontvang word deur lugwaardinne in ʼn nuwe uniform. Dit sluit Nike Air Max 720-tekkies in plaas van hoëhakskoene in en snyerspakke en rompe wat vervang word met “langbroeke met ʼn gemaklike snit en jasse”.

Die lugdiens het na die evolusie van vlugbemanningsdrag van die vroeë 1930’s gekyk om die nuwe uniform te ontwerp.

“Tye het verander, vroue het verander. In plaas van die konserwatiewe klassieke hoëhakskoene, rooi lipstiffie en ʼn bolla, is daar nou ʼn nuwe, meer moderne en gemaklike uniform,” sê Marianna Grigorash, woordvoerder van SkyUp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tubac

Dankie. Maatskappy met visie.

Annelize

Mag ander Lugdienste bitter vinnig hulle voorbeeld volg. Met hul langbroeke en gemaklike tekkies lyk die Lugwaardinne nog steeds profesioneel, en netjies.

Misky

Ek dink dis ‘n baie goeie besluit en hulle lyk steeds deftig, maar nou gemaklik. Ek kan net dink hoe voel hulle voete na ‘n heeldag op hoë hakke. Welkome besluit!!!

Elmarie

Verbeel my ek het gesien Lift (nuwe SA redery) se meisies dra tekkies en lekker los geel rokke en hoekom nie. Hul moet rek en strek bo hul koppe vir handbagasie en dinge, s o laat hul gemaklik wees

ABDP

PRAGTIG. Hulle lyk steeds pragtig en reg om puik diens te lewer!!