Lugredery waarsku jou as daar kinders op jou vlug gaan wees

Foto: Parenting Journals

ʼn Japanse lugredery het onlangs ʼn aanlyn besprekingsinstrument bekendgestel wat passasiers in kennis stel of daar kleuters en babas op die vlug sal wees en waar die kleingoed op die vliegtuig sal sit, sodat potensiële kliënte hierdie vlugte of sitplekke kan vermy indien hulle dit verkies.

Wanneer passasiers met kinders tussen die ouderdomme van agt dae en twee jaar ʼn sitplek op ʼn vlug bespreek, sal daar ʼn ikoon met ʼn kind op op die vliegtuig se plan verskyn. Dit, meen die lugredery, gee sekere passasiers die kans om dan verder weg van die babas en kleuters af te kan sit.

Die skuif deur Japan Airlines het gemengde gevoelens van verbruikers op sosiale media ontlok. Sommiges het die lugredery vir dié besluit geprys. “Dankie @JAL_Official vir die waarskuwing oor waar babas gaan skreeu en huil op my volgende 13-uur-vlug. Dit moet eintlik verpligtend wees vir alle lugrederye,” het ʼn sakeman op Twitter getwiet.

Ander was egter nie so gelukkig hiermee nie. Een Twitter-gebruiker het laat weet dat “hulle net babas is, iets wat ons almal op ʼn stadium was. Ons moet leer om meer verdraagsaam te wees, of dit gaan wyer as net babas strek. Volgende gaan mense wil weet waar mense wat winde opbreek, of mense wat deur hulle monde asemhaal, of dronkaards sit.”

Nog ʼn Twitter-gebruiker het gesê dat sy voorheen ook gevoel het dat daar ʼn waarskuwingstelsel moet wees om kinders op vliegtuie uit te wys, maar na sy haar eie seun gehad het, het sy baie meer simpatie met ouers wat met hulle kinders reis. “As jy nie gelukkig is met ʼn skreeuende kind op die vlug nie, kan jy maar probeer om met daardie skreeuende baba te redeneer.”

Die lugredery het egter gewaarsku dat selfs al skuif ʼn passasier sy sitplek op grond van waar ʼn kind sit, beteken dit nie dat die passasier nie die kind sal hoor nie. Verder het hy ook gesê dat die aanduiding van waar ʼn kind op die vliegtuig gaan sit nie verskyn as die vlug deur ʼn derde party of toergroep bespreek word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Oom Koos ·

Ja, en dan boek jy ver weg, net vir ‘n ma en kind om NADAT jy geboek of selfs geskuif het, reg voor jou te boek. Dié idee is duidelik nie goed deurdink nie.

Amelia ·

As ouer van ‘n kleuter gee hierdie my geensins aanstoot nie. In der waarheid sal ons dit baie geniet as al die sitplekke rondom ons leeg is!

RN ·

Ek glo darem nie dit gaan net leeg wees nie. Moontlik sit al die ouers en kinders langs en om mekaar.

Kallie ·

Wat ‘n goeie idee. Ek wil nie die hele vlug na ‘n kind se getjank luister nie.

Helien ·

Kallie stem 100% saam jou. As n mens in n vliegtuig sit en vlieg 9 ure wil jy nie die hele tyd geraas en na n getjank luister nie. Ek dink dit is n oulike idee.

Oujongvrou ·

Daar stem ek Kaie. My vakansie is sommer van meet af aan versuur as ek met die kinders bombadeer word. Hulle hang oor na die sitplek agter hulle en kwyl en staar na jou. Ek voel soms en knyp hue, maar dan skreeu dit weer tot jy land.

Stephanie Tredoux Malian ·

Kallie, hoekom staan jy nie eerder volg keer op en vat die baba by die ma en help sus n bietjie nie. Jy sal dan soveel beter oor jouself voel as nou.

Meraai ·

Ek was op ‘n vlug van New York na London en dit was ‘n nag vlug. Dit het vir my gevoel ek is die babakamer en siekeboeg daai hele nag. Het die een pa jammer gekry. Hy het die helenag met die kind op en af gestap in die gang net dat die kind rustiger moet raak. Dit is nogal onsmaaklik sodra die een ophou huil val die volgende een weg met huil. Dit het soos ‘n aflos gevoel van huilende kinders. En dan het die mense vreeslik gehoes ook daai vlug. Dit was nie lekker nie, veral as jy dood moeg is. Ek het toe later aan die slaap geraak met my kop teen die TV skermpie.

Wielspore ·

Ek en my vrou is al Oupa en Ouma en geniet ons kleinkinders terdee. Ons vlieg van tyd tot tyd tussen OR en PE en daar was al verskeie geleenthede met klein kinders aan boord. Uit ons ervaring is die opstyg en landing die moeilikste tyd vir kinders en kan dan huilerig wees. Ons geniet dit as kinders op die vliegtuig is en dit pla ons nie, ons het ervaar dat die meeste ouers wat met hulle kinders vlieg “vliegwise” is.
Los die kinders, hulle kan maar by Oupa en Ouma kom sit.

SNEL ·

Was een keer op n vlug met 2 vrouens en 5 kinders saam met hulle tussen 2 en 7 jaar, ek was amper mal, dit was n 12 ure vlug. Soos n uitgewasde lap gevoel na die vlug. Een het geskreeu vir alles. Wat kan mens doen, jy moet dit maar sluk, maar sal regtig graag bitter ver van kinders af wil sit.

Saartjie ·

Sjoe arme kinders… Julle is onnodig naar teenoor hulle….. Het julle wat so moan nooit kinders gehad nie….. Kinders is deur God geskape

DA BO ·

Nee ons het nie, en daars n rede hoekom ons GEKIES het om nie te he nie.

Nettie ·

@Saartjie – nee, ek het nie kinders nie en ek het dit so verkies, want die wêreld is reeds oorbevolk. Daarom wil ek nie na jou – of enige ander kind/baba – se geskrou luister en geïrriteer word deur jou – of enige ander kind/baba – se gekriewel nie. Dit sal wonderlik wees as lugrederye sommer ‘n hele gedeelte van die vliegtuig (soos met besigheids- of eersteklas) afsonder vir mammas met hulle skreeuende, gillende, huilende, vloermoer-gooiende kinders/babas.

Rienie ·

@Saartjie – Dis gewoonlik nie die kinders wat die skuld moet kry nie maar die ouers wat hulle nie kan of beheeer nie, vandag het ons mos gehoorsame ouers…

Stephanie Tredoux Malian ·

Da Bo, kies dan sommer om te loop plaas van te vlieg. Jy is kleinlik

Liendempers ·

Ek reken hulle kan een hele gedeelte van n vliegtuig afstaan waar mense met kinders kan bespreek. Maak bv die vliegtuig van agter af vol met die kinderfamilies. Ek het ook kinders, hulle nou darem al groot. Maar kermende kinders is erg op n 10 ure plus vlug. Net so erg is pongende voete wat uit die skoene gehaal is op ‘n 13 ure vlug…………….

Richard ·

Fantasties! Hoop ander lugvaart maatskappye volg spoedig. Ek wil dit verder neem, restaurante wat nie kinder-vriendelik is nie, moet ‘n verbod sit op kinders jonger as 11 jaar. Ons het al telkemale in die verlede na restaurante gegaan wat geensins kinder-vriendelik is nie, en net dan om opgeskeep te sit met ‘n huilende kleuter langs jou tafel. Gaan Spur toe!

Mandie ·

Kan hulle ook aandui waar oorgewig mense sit – sal daai sit plekke ook wil vermy!!!!

mitz ·

Ag sies tog Mandie, jy is seker volmaak geskape, hoop jy kry ‘n vlug vol kinders, oorgewig mense, ouens wat snork en ‘n groep wat lekker gekuier is op ‘n vlug.

Vraagteken ·

Mandie, ek stem 100% saam met jou. My spasie is my spasie, en nie die res sin nie.

Nicolaas ·

goed en wel…wag dan jou beurt af om teen gediskrimineer te word, dalk is jy bietjie te praterig, dalk ruik jy nie so lekker nie (veral na 9 ure vlug) dalk snork jy vreeslik of jou neus fluit erg…dalk sit jy heel vlug en kyk gemors op jou laptop, dalk hoes jy so erg dat al die buie die ander passasiers onstel, of jy is ‘n opgooier – dalk is jy een van daai wat so sit en drink en hard lag vir jou eie grappe, of een van daardie mense wat ‘n blaasprobleem het en dan moet die hele vliegtuig opstaan vir jou nadat jy drankie geniet het. Vlieg het nogal altyd gegaan oor verdraagsaamheid, menswees gaan oor verdraagsaamheid.

bernelle ·

ah dank vader, niks erger as huildende of stout kinders op ‘n 12 ure+ vlug nie!
Wens alle lugvaart maatskappy kan so slim begin dink. en restaurante! :)

Bossie ·

Ek slaan my hande saam vir sekere kommentaar. Sit oorpluisies in jul ore of luister musiek. Wat de hel moet die ouers doen met die arme kinders? Ongelooflik hoe sekere mense redeneer. Daardie kleintjies het nie gevra om te vlieg nie en almal weet, waarheen jy ookal in die openbaar gaan, dat ‘n huilende kind altyd ‘n moontlikheid is. Jy het nie alleenreg in die openbaar nie en beslis ook nie wanneer jy op ‘n vliegtuig klim nie. Die kinders het dieselfde reg om daar te wees as jy. Hul ouers betaal ook. Wat maak jou so belangrik? Tien teen een snork jy soos ‘n vark wanneer jy slaap. Logika is somtyds ‘n jammerlike ontbrekende faktor in die menslike brein.

Sandy ·

‘n Vlug van 1 en 1/2 uur is erg genoeg. gelukkig het ek nou nog nooit nodig gehad om ‘n 13 uur vlug te neem nie, maar ek kan my indink hoe erg dit moet wees om vir so lank ‘n baba of kleuter se huilery te moet hoor. En dan om nie eers te praat van as die kleuter die hele vlug nog oor die sitplek se agterkant vir jou loer as hulle voor jou sit nie. Dan moet jy nou maar gemaak vriendelik wees vir 13 ure.

Lou ·

Ek dink dit is ‘n uitstekende praktiese plan om dit so aangenaam moontlik vir almal te maak. Sommige ouers wat self respek en respek vir ander mense het raak ook gestres as hulle kinders aanhou skree en die mede passasiers pla. So dit help die ouers met die kinders en die mede passasiers as almal weet waar is die potensiele raasbekkies.
Ek is onlangs half van my sitplek “afgesit” deur die moeder langsaan wat haar baba so gemaklik moontlik probeer maak het op die 2 ure vlug.

Wonder maar net..... ·

Probeer 1 Kor:13 as julle vlieg. Dit gaan beslis al julle klagtes laat opdroog en soos mis voor die son verdwyn.

Stan ·

Ek is bevrees in sekere ‘groepe’ is dié waardes so skaars soos hoendertanne. Ja nè, soos ons almal kinders was so gaan ons oud word en moet dan een of ander tyd die dood ‘face’ & vir party sal die eie ek ‘n konfrontasie wees maar dan is dit te laat my ou.

Goed so ·

Ek sit nie eers in ‘n restaurant naby woelige kinders nie, ons skuif dadelik, ook nie in die kerk nie. Vlieg en uiteet is duur, so ja ek WIL in vrede vlieg en uiteet!

Landi ·

Waaroor gaan julle so tekere? Die kinders vlieg nie verniet nie!!

Liza ·

Ek betaal ook vir my kaartjie, so ek kan seker besluit langs wie ek wil sit as daar so ‘n opsie is? Stoute kinders is aan die orde van die dag….

Petra ·

Ek stem saam dat mens kan kies veral op n langafstandvlug Het simpatie met kinders wat moet vlieg MAAR dit IS beter om d gehuil en gekriewel v verder af te hoor!

Liza ·

Fantasies, ek het simpatie met ouers wat met kinders moet vlieg. Ek het nog verdraagsaamheid met ‘n moeilike baba, maar kinders sonder maniere is een te veel. Het onlangs langs ‘n 6 jarige gesit, oulike kind met die mooiste maniere, was baie aangenaam. Maar gewoonlik nie die geval nie….

Johanna Botha ·

Dalk kan die skreeuende kinders onder kussings gehou word om geluid te demp ;)

ou mens ·

Ai Tog. kinders is n geskenk geleen van God. Mense vergeet so maklik dat hulle ook eens kind was. Mense wat so kla oor kinders moet net nie op hulle ou dag kla as hulle alleen is en die kinders wil nie vir hulle kuier nie. Wat jy saai sal jy maai.

Lucie ·

Dit help my net mooi niks as die ouers bespreek na ek bespreek het nie. Total fail!

Se maar net ·

Klomp suur gatte op die blad.Seker ook al die mense wat eerste kerm en kla oor diens. Dis die probleem met die samelewing als gaan oor ek, ek word verontrief,ek het vir my kaartjie betaal,ek verdien stilte,ek verdien beter diens,ek,ek ek,ek. As iets soos n huilende kind jou ophol jaag moet jy bietjie retro speksie gaan doen,kan jou belowe jou doen niks vir niemand behalwe as daar n voordeel vir jou inhou nie

Anoniem ·

Ek het onlangs op ‘n vlug van 2 ure agter ‘n uiters woelige knapie van 4 gesit. Dit was sy eerste keer op ‘n vliegtuig, en hy het kort-kort gegil van opgewondenheid. Dit was 2 lang ure, en my kop was naderhand seer. Toe die vliegtuig se wiele grondvat, begin hy luidkeels “Halleluja” sing. Dit was vir my nogal snaaks – dink daar was ander wat ook heimlik wou saamsing! Oor ander redes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.