Luister: Hallo, polisie! My pa ry deur die rooi lig

Robbie Richardson (Foto via Boston Globe)

Robbie Richardson (Foto via Boston Globe)

Die klanksnit van ʼn sesjarige seuntjie wat die 911-noodnommer in Amerika bel nadat sy pa ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het, word wyd op sosiale media gedeel.

Die seuntjie, Robbie Richardson van Massachusetts, was saam met sy pa, Michael, op pad om hul motor te laat was.

Sy pa het glo by die rooi verkeerslig stilgehou voor hy regs gedraai het toe daar geen aankomende verkeer was nie. Hoewel dit in Massachusetts wettig is om te ry wanneer daar geen aankomende verkeer is nie, het Robbie gesê hy gaan die polisie bel. Dié knapie wil glo nog altyd ʼn polisieman word wanneer hy ‘groot’ is.

“Toe ek oor die rooi lig is, het hy gesê hy gaan die polisie bel,” het Mike aan Fox gesê. “Ek het dit sommer afgemaak, want hy is tog net ses jaar oud.”

Robbie het egter, toe hulle by die huis aangekom het, sy woord gestand gedoen. “My pa het oor die rooi lig gery,” het hy aan die operateur gesê. “Hy was in ʼn splinternuwe motor, my ma se motor.”

Die operateur, Mike Bowes, het gevra om met sy pa te praat.

Mike het later aan CNN vertel dié ongewone oproep het sy dag gemaak. “Dit is beter as die roetineoproepe wat ons daagliks ontvang,” het hy laat hoor.

Bron: Fox, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antoinette ·

As dit in Suid-Afrika moet gebeur sal die arme 911 mense mal word want hulle sal elke 2 sekondes ‘n oproep moet neem. Wens daar is weer wetstoepassing, dan sal die ongelukke ook minder wees.

Gert ·

In ons land, veral Bloemfontein beteken ‘n rooi robot entlik jy kan so vining as moontlik oorry. Die verkeersmense skitter gewoonlik in hul afwesigheid maar is vinnig om kaartjies te skryf as jou parkeertyd klaar is.

Vyf sent ·

Dis oulik – maar ek kan net dink watse pyn die kind eendag gaan wees! Wise 4 his size.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.