ʼn Familie in Georgia in die VSA vier die koms van twee nuwe lede ná ʼn ma en ʼn dogter ure ná mekaar geboorte geskenk het in dieselfde hospitaal.
Amanda Stephens (40) se seuntjie, Landon Cash is verlede Woensdag om 09:44 gebore. Landon se suster Haley Buxton (24), het om 12:10 dieselfde dag geboorte geskenk aan haar dogtertjie Aubree Nicole, het Fox 5 Atlanta berig.
Die babatjies is by die Tanner Medical Center in Carrolton gebore. Personeel by die hospitaal het gesê dit gaan goed met ma’s en babas. Dit is die eerste keer wat ʼn ma en ʼn dogter op dieselfde dag geboorte skenk by dié hospitaal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Aww sweet ek is bly vir hulle:-))! Ek het my 3rde kind, my seun,op ouderdom 41 jaar gehad en mens het baie meer geduld wanneer mens ouer is.
Ek was my ma se 8ste kind – sy was 43 jr en 3 mnde met my geboorte. Sekerlik nie naasteby ‘n rekord nie maar ek wonder wat die ouderdom van die oudste vrou is wat geboorte gegee het in SA.
Sjoe die ma was 15 toe swanger geword het op op 16 haar dogter gekry.
Die dogtertjie en haar oom sal saam verjaardae hou, saam in dieselfde graad op skool wees, saam leer praat, loop ens….
Bietjie ‘weird’ vir my…maar nou ja…as ons almal dieselfde was, sou die wêreld ń baie ‘boring’ plek gewees het.
My pa hulle was n groot gesin. Van die sussies het ook 2 keer saam die mamma babas gehad. Nou nie op dieselfde dag nie maar dieselfde jaar. Van my niggies en nefies is dieselfde ouderdom as van my ooms en tannies.