ʼn Ma het groot reaksie op Twitter uitgelok ná sy Sondag ʼn foto van haar dogter se kosblik en ʼn nie-alkoholiese Savanna-sider gedeel het.
“My kind is Vrydag geskors. Maar wat het ek verkeerd gedoen? Ek het nie sap gehad nie, toe gee ek vir haar ʼn nie-alkoholiese Savanna,” het sy by die foto geskryf.
Die plasing het egter skerp kritiek en humoristiese kommentaar uitgelok.
Een gebruiker wou weet hoekom die ma bier in die yskas het maar nie vrugtesap nie. “Dit is sider, nie bier nie. Sy drink elke dag sap en ek drink nie elke dag alkohol nie,” het die ma geantwoord. “Die sap sal dus vinniger opraak as die alkohol.”
Ander gebruikers was egter dadelik skepties of die voorval werklik gebeur het en een gebruiker het ‘n plasing gedeel waar die foto reeds in 2020 op Twitter verskyn het.
Savanna het in 2020 met ʼn advertensie vir sy nie-alkoholiese weergawe dit baie duidelik gestel dat enigiemand jonger as 18 nie die drankie mag koop of drink nie.
Did you gave her a bottle opener or uzovula nge desk? pic.twitter.com/GFgmL0t2DG
— Alatn_Ewkagam???????? (@Alatn_Ewkagam) May 16, 2021
Training them early I see… pic.twitter.com/c31M6HG4Tt
— K.K (@KhumaloKhulani) May 16, 2021
My UNCLE Was out of Oros so HE improvised, ???? pic.twitter.com/gi0JyoBi1p
— KE SHARP (@danielmarven) November 6, 2020
While we all understand the irresistible crisp delicious taste of Savanna Non-Alcoholic Lemon, and that it’s legally a Non-Alcoholic drink, and available at grocery stores, we still don’t sell it to kids. ???? NOT ???? FOR ???? PERSONS ???? UNDER ???? 18. Klaar. #TasteOfSavanna247365 pic.twitter.com/fciFZfcIIL
— SavannaCider (@SavannaCider) August 6, 2020
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Altyd iemand wat n “Clown of the town” moet wees – ??
Hoekom moet mense komentaar lewer oor dinge waarvan hulle niks verstaan nie. Net om iets te se ? Belaglik. Aan die Mevrou wat die foto geplaas het. Los hierdie plasing van fotos want mense kan nie anders om hulle onoselheid te wys.
As ‘n mens so-iets op Facebook plaas, soek jy vir moeilikheid.
Hierdie Savanna het 0,3% alkohol, en is nogsteeds nie vir O/18 nie. Alle “drank” met minder as 0,5% alkohol, word as alkoholvry beskou, maar is nie heeltemal alkohol vry nie.
Ek wonder of sy ooit die bottel mooi gaan lees het, daar is wel alkohol in al is dit n baie klein % mens sit dan eerder water in of tee maar genade sy het daarvoor gesoek..