Ma gekap wat sewejarige laat ‘huur’ betaal

Felicia Farley (Foto: TikTok)

ʼn Ma het haarself kritiek op die hals gehaal van ander ouers toe sy onthul het dat sy haar sewejarige dogter laat huur betaal en dat sy ʼn rits huistakies moet verrig.

Felicia Farley betaal haar jong dogter elke week ʼn klein bedrag en ʼn sekere deel moet sy aan haar ma terugbetaal vir haar “huur” en lewenskoste.

Farley het op die sosialemediawebwerf TikTok gespog dat sy die beste ouerskap-truuk het “om kinders die waarde van geld te leer”.

“My dogter het elke week ʼn rits huistakies. As die takies daagliks afgehandel word, ontvang sy aan die einde van die week $7 (sowat R104),” verduidelik sy. “Sy betaal uiteindelik $5 (sowat R75) vir rekeninge en die orige $2 (byna R30) kan sy vir haar self hou om te spaar of te spandeer.”

Dit was ook die lys van “ouderdom-gepaste takies” wat ander ouers sprakeloos gelaat het. Die lys sluit in dat haar dogter die toilet moet skoonmaak en sê dat driejariges die wasgoedmandjie behoort te kan volmaak.

Farley sê haar dogter leer om ʼn bydrae te maak tot huishoudelike uitgawes soos kos, water, elektrisiteit en huur.

Die Amerikaanse ma se idee was egter baie omstrede vir ander ouers wat meen kinders moenie gedwing word om te leer en sulke take op só jong ouderdom doen nie.

“Ek het nie hierdie goed gedoen selfs toe ek 12 was nie!” het een geskryf. “Sy is nie ʼn volwassene nie – sy is jou kind. Betaal jou eie rekeninge!” het ʼn ander bygevoeg. “Wat gebeur as sy nie die takies verrig nie. Gee jy dan nie vir haar kos nie?” wou ʼn derde weet.

Farley het gesê haar dogter sal nooit sonder kos wees nie en die geld wat sy by haar dogter kry word eintlik in ʼn spaarrekening gedeponeer.

“Natuurlik sal ek nie kos of enigiets anders van haar weerhou nie. Die geld word in ʼn spaarrekening gedeponeer en sy sal toegang kry daartoe wanneer sy 18 is. Só gaan sy leer dat sy al daardie geld self gemaak het. Dit gaan nie oor die rekeninge nie. Ek probeer vir haar ʼn fondasie gee wat ek nooit gehad het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Natasha ·

As kind moes ek ook takies verrig om sakgeld te kry wat ek kon spaar vir vakansie tye of spandeer soos ek goed dink. My sakgeld was nou nie so baie soos die meisie s’n nie, maar ek is seker as my ma huur sou vra dat sy my sakgeld sou verhoog het. Dit leer kinder verantwoordelikheid en selfstandigheid aan.

Misky ·

Ek sien geen fout daarin nie. Wasgoedmandjie volmaak is nou nie juis so erg nie. Sy leer goeie beginsels en verwag nie dat sy alles net KRY soos in sekere kulture nie. En dis steeds haar eie geld indirek wat na haar terug gaan. My seuns ook van kleintyd geleer hul eie kamer opruim en vandag is hulle netjies en help graag in die huis.

MakersMark ·

Goeie ouerskap. Leer die kind waardes. Meeste kinders ken net die waarde van aardse goed en hoe hoër hoe beter.

Botterblommetjie ·

Hierdie ma verdien in die tyd, waar die kinders nie meer na die ouers luister nie, maar die ouers na die kinders, ‘n medalje.!! Ons het met dissipline, waardes en respek grootgeword. Klein huistakies (en grotes) was deel van ons grootword – Ek praat nie van die bedorwe brokke waar die huisskoonmaakster ens. tot van die kinders se skoene moes pollitoer nie – Ek praat van waar die kinders hulle eie beddens opmaak en leer help in kombuis, skottelgoed was ens. Tot in tuin help. Dit leer hulle nie net vaardighede en verbeter hulle matoriese ontwikkeling nie, maar ook dissipline en selfonderhoud as iets ooit met hul ouers gebeur of dinge loop skeef en die ouers kan nie meer luukshede ens. bekostig nie. Baie mense besef nie, om huishoudsters, werk, geld, kos ens. te hê ‘n voorreg en nie ‘n reg is nie… Om ouers te hê wat soos sy omgee is alreeds ‘n groot voorreg. Baie ouers stop geld en aardse besittings in hul kinders se hande en los hulle vir die wolwe. Maak oop jul ogies ouers….

Jack Russ1 ·

Dit wys nou maar net hoekom daar soveel probleme met die kinders is, hulle leer nie meer die waarde van iets nie. Sodra iemand hulle dan leer om iets te waardeer, dan word hulle sleggesê.

Welgedaan, hou so aan en hopenlik kan ander by jou ook leer

Kaptein67 ·

Gee die vrou ‘n Bells… of wag nog beter, maak haar minister van mense ontwikkeling. Met so ‘n vrou sal die toekoms weer roos kleurig lyk. Die huidige jeug het geen dissipliene nie.

Asgat ·

Ek dink sy is briljant, ek het van vroegs in my kinderjare al huis take gehad en sakgeld gekry, dan het ek na skool en op naweke gewerk. Vandag se kinders sit nog in hulle ouers se huise, party groot volwassenes maar nog afhanklik van hulle ouers. Ek kon dadelik werk kry na ek studeer het en nog nooit n’ dag terug gekyk nie danksy my pa wat my reg groot gemaak het. Vandag se kinders wil sit of slaap en nie werk nie en dit is omdat hulle ouers hulle nie groot gemaak het soos in die goeie ou dae nie.

VaalDonkie ·

Ek dink dis bietjie rof om R5 uit elke R7 as belasting/huur te vat. Maar die idee is nie sleg nie. Weet jy hoe kwaad maak dit my as volwassene om oor die R300,000 se belasting elke jaar te betaal?

VaalDonkie ·

Nee ek kla. Ek praat nie net van inkomstebelasting nie. daar is ook BTW, invoerbelasting, petrol heffings, ens. En dan nog belasting op my beleggings as hulle die dag goed presteer. Ek het bv. laasjaar ‘n gelukkie geslaan en skielik R50 000 gemaak met EOH aandele en ek moes vir oom Cyril R20 000 belasting net daarop betaal. Dis om van naar te word.

Eend Bessinger ·

Ek vind geen fout met haar logika nie. Betaal “huur” en belê dan die geld! Ek het ook maar takies verrig vir ‘n klein bietjie sakgeld toe ek nog kind was, maar haar metode om die kind verandwoordelikheid te leer, is baie goed!

Anel ·

Wens alle ouers wat geldelik kan, pas dit toe. Die kinders sal nie as volwassenes sukkel met hulle finansies nie. Hulle sal verantwoordelike mense wees. En soos die ma sê, die geld wat hulle “betaal” word in ‘n rekenig in betaal en as hulle 18 word kry hulle dit. Daar is soveel jongmense vandag wat geen idee het hoe om met geld te werk nie en dan in finansiële moeilikheid beland. Baie slim mamma.

Gerhard ·

Wat? Kan mens betaal word vir die werkies? Gaan nou my moeder aanspreek.

Zollie ·

Ek wil ook nou my moeder aanspreek ☺maar ongelukkig lê sy nou 6 voet onder die grond.

Martie ·

Niks daarmee fout nie. En watter verrassing kry die kind nie as sy 18 word nie!! nee wat 10/10 vir die ma

Cherokee ·

Daai, as sy 18 word, is hopelik waar. Dit is geskryf asof sy eers, toe sy deur ander ouers aangeval is, gesê het dat die geld in ‘n spaarrekening gaan, vir haar kind. Klaarblyklik het sy dit nie in die eerste plek gesê nie. Hopelik word die geld vir haar gespaar.

Prontuit ·

Bravo! ‘n ma met breins – ja sy is klein maar as sy ouer word gaan sy een helse voorsprong het bo die coach patato’s van vandag ons het lankal ons kinders te veel “rope” gegee en jammer gekry die dat hulle ongeskik is en sommer vir di pa en ma jy en jou en ek sal nie – as kinders van kleins af leer om met geld te werk sal sy soveel meer selfstandiger wees en nie net playstations koop nie nee wel gedaan aan daai ma ons kan almal ‘n ding of twee leer, en ek glo ook nie mevrou jy sal jou kind weerhou van kos nie!!!!!!! mense kan darem oordryf – jy leer jou kind al klaar waarders op ‘n vroee ouderdom , die outjie wat eendag met haar trou gaan ‘n goeie vrou kry ;-)

isabelle ·

Beslis meer positief as negatief Daai kindjie gaan nog baie dankbaar wees eendag dis tog gepaste werkies vir haar ouderdom Gaan kyk na meeste kinders vandag wil net he he en he en kan nie eens meer buite speel want te besig met tegnologie wat die ouers hul kinders mee bederf

Andries ·

Sien geen fout met wat sy doen. Ten minste gaan haar dogtertjie nie eendag aan die “bakhandsindroom” lei nie. My kinders verrig ook takies in en rondom die huis en hulle weet daar is ‘n beloning vir wat hulle doen. Nie altyd in die vorm van geld nie. Werk maak sterk.

Louise ·

Geen fout met dit nie, ek self het dit met my twee dogters gedoen, en vandag se hulle dankie daarvoor, want altwee staan vastig op hulle eie voete. Toe hulle met hoerskool begin moes hulle ook elkeen ‘n bedrag elke maand afstaan vir hulle matriekafskeid geleentheid, met dit kon hulle uithaal en wys, want hulle het self daarvoor gespaar.

piet ·

Ek hou hiervan. Die geld vir die rekeninge wat sy kamma betaal, word eintlik vir haar gespaar. Leer verantwoordelikheid. Ek het nooit sakgeld ontvang nie maar moes gras sny, winkel toe gaan ensovoors. Daar was egter nie ‘n tekort aan iets nie, ek moes net vra as ek iets nodig gehad het en dis nooit geweier nie (behalwe as jy nou iets belagliks wou he). Ook heelwat geld uit die munte-bakkie gevat (gesteel) om te gaan games speel by die winkel. Ouers moes seer sekerlik iets agter gekom het, maar het nooit iets gese nie. LOL

Patch ·

Puik idee. So leer sy haar kind van jongs af die waarde van geld en verantwoordelikhede. Die “huur” wat in ‘n spaarrekening betaal word is briljant. Dink net aan die kind se waardering as sy op 18 uitvind haar ma het haar “huurgeld” vir haar gespaar. Baie, baie oulike idee!

Janine ·

Mooi so, mamma! Vandag se kinders dink juis hulle is ‘entitled’ tot alles!

Annelie ·

Ek sien niks daarmee fout nie. Kinders moet leer om met geld te werk. Deesdae se kinders is gemaksugtig en hierdie mamma wil haar leer vir die toekoms. Glo my, sy sal baie baat vind daarby. Die feit dat sy die geldjies vir haar spaar vir as sy ouer is, is n blink idee.
As ons almal hierdie idee volg, sal ons kinders selfstandig anderkant uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.