ʼn 31-jarige ma word veroordeel omdat sy een van haar tweelingbabas laat tatoeëer het, sodat sy hulle kan uitken.
Die vrou het haar na Reddit gewend om by gebruikers te hoor of sy ʼn fout gemaak het, nadat haar skoonma glo baie kwaad was.
Die tweeling, Adam en Jack, is gebore ná die vrou vyf jaar lank gesukkel het om swanger te raak. Jack is egter met ʼn toestand gebore wat beteken dat hy minstens een keer per week ʼn inspuiting moet ontvang. Sy het besluit om hom te laat tatoeëer sodat sy seker kan wees sy dien die medikasie toe aan die regte seuntjie, berig Daily Star.
Sy het verder verduidelik dat sy intussen moes terugkeer werk toe en haar skoonma het die babas opgepas. In daardie tyd het die ouma per ongeluk die medisyne vir Adam gegee in plaas van Jack. “Sy het die verkeerde baba ingespuit,” het die ma gesê. “Hulle lyk identies. Ek en my man raak soms verward. Almal verwar hulle.”
Die ouma het dadelik die fout besef en paramedici ontbied en hulle is na ʼn hospitaal geneem. “Toe ek by die hospitaal aangekom het, het hulle Adam reeds behandel en albei was gelukkig en tevrede.”
Die ma sê Adam was gelukkig nie in gevaar nie, die medikasie werk nie dadelik nie en hy sou waarskynlik net binne ʼn paar dae diarree gehad het, maar die ouma kon haarself byna nie vergewe nie. “Ek wou haar gerusstel, maar sy het geweier om hulle weer op te pas, en ek het hulle na ʼn dagmoeder gestuur.”
Om te verhoed dat só fout weer gebeur, het die dokter aanbeveel dat hulle ʼn mediese tatoe aanbring – ʼn klein sproetjie, byna so groot soos ʼn potlood se uitveër, op ʼn deel van die vel wat mens maklik kan sien. Die tatoe is toegedien onder ligte verdowing, soortgelyk aan dit wat ʼn tandarts toedien. Die tatoe sal na verwagting al hoe dowwer raak soos wat die kind groter word.
Ander ouers op Reddit het begrip gehad vir haar situasie en haar gerus gestel dat sy beslis die regte ding gedoen het. “Ek laat tatoeëer eerder Barney die dinosourus op my kind eerder as wat ek die medisyne vir die verkeerde kind gee!” het een laat weet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Nee wat mamma, dis nie asof jy hulle vermink het nie, of een van hulle altans ;) Slaap gerus, dit was ‘n wyse besluit en ek verkwalik julle glad nie!! Welgedaan, harde werk die kids..
Regte ding gedoen mamma jy dra net jou seuntjies se belange en gesondheid op die hart
Net die wat nie daar was nie ssl jou oordeel. Jy het in syceie belang en pp Mediese Advies oogetree
n Ouer sal altyd hulle tweeling tussen mekaar kan uitken. Nee wat vroumens, dit was n simpel idee gewees.
Regte ding gedoen. Ek sal ook