Ma se ouerskaptruuk loop vreeslik skeef

PA Real Life/Connect

Donna Evans, ʼn ma van Cannock in Engeland, het met ʼn slim idee vorendag gekom om haar kinders besig te hou sonder dat hulle ʼn gemors daarvan maak, maar gou besef daar is ʼn skuiwergat in haar plan.

Evans (32) is ʼn assistent-onderwyseres en het haar twee kinders, Hallie (7) en Isaac (3) laat swemklere aantrek. Sy het hulle in ʼn skoon bad sitgemaak met papier en waterverf, sodat al die gemors op een plek kon plaasvind.

Hulle het dit al ʼn paar keer in die verlede ook gedoen, en toe het alles klopdisselboom verloop. Dié dag moes sy egter gou ʼn Zoom-vergadering bywoon.

Toe sy ná 15 minute terugkeer, was die mure, die bad, en enigiets anders binne bereik en haar twee kinders van kop tot toon, egter met groen verf bedek. Sy het besef sy het per ongeluk ʼn oop blik verf naby hulle vergeet en die twee het dit vinnig raakgesien … “Ek kon hulle hoor lag, maar het aangeneem dis sommer net hoe hulle speel en dat hulle hulself geniet.”

Evans sê selfs ná ʼn paar baddens het die twee steeds ʼn groen skynsel gehad.

Sy en haar man het gelukkig die humor in die situasie raakgesien. “Die kinders is eintlik baie soet. Hulle het in die verlede al op die muur geteken, maar hierdie is ʼn nuwe vlak. Hallie het selfs Isaac se hare met die verf gewas! Ons moes lag. Dis maar net kinders.”

Lees meer: Metro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Ag, dis te oulik.
Kinders bly maar kinders. Draai jou rug vir ‘n paar minute, en daar mag dalk ‘n gemors wees.

Katjie ·

Dit is hierdie dingetjies wat ‘n mens by bly wanneer jou kinders groot is. Ek onthou my meisiekind het die speensalf in die hande gekry wat ek altyd op haar lyfie gesmeer het omdat sy baie erg ekseem gehad het. Ek was baie siek en het op die bed gele met haar wat rustig by my speel. (Pappa en boetie was dorp toe) Die volgende oomblik word ek wakker van iets wat baie wit is…sy het die hele pot speensalf op haar gesmeer, hare, klere, bene, arms. Haar Pa moes die volgende week elke dag haar hare was om die salf uit haar lang krulle te kry.

Martie ·

Nou dít is special. As my seun teen sy kamer muur gekrap het, het ek ń raam omgesit..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.